Op soek na die ou grotes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Heng dis 'n lekker RR dié. Ek wonder dikwels wat van die ou grotes (en die ander wild)  sal word as die bietjie beskawing wat oorbly, weg is.
 
Vroeg die volgende oggend steek ek die grens oor na Botswana by die Pontdrif grenspos. Die plan is om deur die Tuli blok te ry in 'n westelike rigting.

[flash=700,400]https://youtube.com/v/FQ8ITTl-Z70&vq=large[/flash]
 
Ai, dit maak my sommer lus en klim op my fiets met 'n tent en vaar die bosveld in. Dankie vir die RR.
 
Brandt said:
Ai, dit maak my sommer lus en klim op my fiets met 'n tent en vaar die bosveld in. Dankie vir die RR.

Nou praat jy, daar is baie lekker en mooi plekke om rond te ry en die bosveld is beslus een van die top plekke.
 
Beide jou skryfstyl en fotos span saam om hierdie n baie mooi ritverslag te maak.

En daai onderstebo GS is darem maar n pragtige gesig...... :imaposer:
 
Dit is my eerste besoek aan hierdie wonderlike deel van Afrika wat eintlik so naby aan Gauteng is. Dit is egter besonder droog op die oomblik, en dit is gou duidelik dat die meeste diere naby die rivier hou. Dit was ook besonder warm, en as gevolg van die baie swak paaie en dus uiters stadige pas bly die hittemeter van my fiets gevaarlik hoog. Ek moet noodgedwonge ‘n paar keer stop sodat dit kan afkoel. 











Een van die besonderse landmerke waarna ek uitgesien het is Solomon’s Wall. Daar word beweer dat dit in vroeë tye ‘n muur gevorm het soos ‘n reuse damwal. As mens die lyn van die rotsformasie volg na die anderkant van die rivier dan lyk dit na ‘n baie waarskynlike teorie.





As jou roete jou verby hierdie indrukwekkende landmerk neem, moet jy onvermydelik ook die Motloutse rivier kruis. Ek probeer geensins voorhou dat ek ‘n goeie sandryer is nie, maar wees gewaarsku dat dit een plek is waar jou toer maklik kortgeknip kan word. Nadat ek die oorkantste wal bereik het moet die fiets eers weer afkoel na die hoë revolusies om deur die dik sand te beur.


 
Die paadjie na my kampplek vir die aand gaan deur ruie mopaniebosse wat so tipies is aan hierdie area. Nadat ek nes geskrop het kon ek gou klere was en toe maar net op die sandbank sit en die Limpoporivier bewonder. Dit bly maar net eenvoudig ‘n wonderlike ervaring om so naby aan die natuur te kan wees. Toe dit begin skemer raak kon ek selfs in stilte ‘n skemerkelkie geniet op die wal van die rivier, terwyl die voëls hulle slaapplekke opsoek.











Die volgende oggend bring Afrika weer een van sy mees aanskoulikste skouspele op die planke. Dit is die laaste dag van my toer, en ek is traag om op te pak en te vertrek.



Nadat ek Botswana verlaat het deur die Zanzibar grenspos, kies ek eers koers na Ellisras vir brandstof. Daar loop ek vir Kwagga-sakkie raak, en ons gesels eers lekker oor my rit. Ek verneem van hom die pad wat ek gevolg het deur Tuli word die “backbone” genoem. Van Ellisras af ry ek eers Vaalwater toe sodat ek darem weer vir oulaas die lekker sandpad (D1679) deur die Waterberge kan ry. Alhoewel dit my laaste dag aansienlik langer maak, is dit steeds die moeite werd.





Ek daag net na sononder by die huis op, 706km later waarvan baie grondpad was, en 11 ure in die saal. Die lekkerte van hierdie tipe moegheid is egter die absolute tevredenheid van ‘n baie suksesvolle toer, en groot dankbaarheid dat dit allles sonder enige teëspoed kon geskied.

Dankie dat ek dit met julle kon deel, en dankie vir die lekker kommentaar. Tot volgende keer!

 
Dankie vir jou lekker lees verslag Jors!
Ek herken jou fiets na ons kort ontmoeting Dinsdag oggend in die Tuli blok.
Ons was egter baie ongelukkig en op ons roete deur die Tuli blok het net die 4000 olifante se spore tee gekom sonder om 'n enkele een te sien te kry :mad:
 
exkdx said:
Dankie vir jou lekker lees verslag Jors!
Ek herken jou fiets na ons kort ontmoeting Dinsdag oggend in die Tuli blok.
Ons was egter baie ongelukkig en op ons roete deur die Tuli blok het net die 4000 olifante se spore tee gekom sonder om 'n enkele een te sien te kry :mad:

Hi exkdx, ek is bly jy meld aan omdat ons nie juis name uitgeruil het nie. Ek is bly julle drie manne het ook veilig gery en alhoewel julle nou nie olifante teëgekom het nie, is so 'n toer alleen ook die moeite werd.
 
Jis  gedog net die Kaap is mooi en almal trek Kaap toe...
Sal moet plan maak... Noord toe vlgde jaar...
Lekke ry
Mark
 
Baie Dankie , lekker gelees en mooi fotos !!
 
Top