Roads to ride, places to see……East London to KZN ??

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

jb

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Sep 12, 2007
Messages
314
Reaction score
94
Location
Pretoria
Bike
KTM 690 Adventure
Ons Oos-Kaap projek sluit Vrydag vir die feestyd en dink daaraan om vir ‘n slag met die fiets op te ry huis (Pta) toe en sommer ‘n paar plekke aan te gaan wat ek nie ken nie.

Om ‘n grondpadroete van Jansenville rigting Oos-Londen oor Riebeek-Oos en iewers verby Grahamstad aanmekaar te flans lyk betreklik eenvoudig so met Google Maps saam. So ook van KZN tot in Transvaal, het al paar roetes daar gery.

Dis daai deel van Oos-Londen af Natal se suidkus toe waaroor ek nie veel inligting het nie. Sal graag naby die kuslyn wil beweeg, die binneland en Ben 10 uitdaging wil ek los vir ‘n volgende keer.

So veel en vêr as moontlik grondpad en met ‘n 690. Enige aanbevelings sal hoog waardeer word. Dalk sommer ‘n verwysing na ‘n gawe backpacker of drie tussen OL en KZN toe ook. Ek is nie juis haastig om by huis te kom nie.

By voorbaat dankie.
 
Top