See Duiwel bekendstelling

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Roela

Race Dog
Joined
Feb 13, 2010
Messages
2,017
Reaction score
0
Location
Wes Kaap
Bike
KTM 990 Adventure
Sorry ouens dat ek nou eers myself bekend stel, rekenaar agtergeblewe!
Boer in die Robertson omgewing, maak wyn en die wat ek nie verkoop kry nie drink ek en die vrou sommer self uit. Ry 'n KTM 990 Adventure S wat ek by Cat gekoop het. Het kwaai 'n Beemer oorweeg totdat ek so 100m vêr met die Katoom gery het.
Nou al die vroutjie ook sover gekry om self die stokke te vat, sy ry 'n KLE 500 KAWA en smaak dit kwaai. Het al 'n paar trippies gedoen, meeste is maar hier om die nes. Laasjaar Mei dink ek Verneukpan toe, October Ooskaap en Transkei en soos ek sê, soos die tyd dit toelaat maar hier rond.
Mei beplan ons nou trippie Nam toe en hoop Oktober weer wyerige draai. Tyd wat ek van die plaas af kan wegkom is maar die bepalende faktor.
Anyway, dis maar ek. Grootste begeerte is om verder as 2de te kan wheelie en natuurlik dat my kids groot genoeg kan raak dat ek kan meer ry.
Groetnis,  Die Duiwel. ( Was eers wild op die see gewees, nou mak geraak)
 
Top