Skaapkop ete of BRAAI op Gouda (20ste April)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ons gaan by Vaalbaas se plek 'n skaapkop ete hou op Gouda! 20 April 2013
Hy het die slaghuis daar op die dorp en net agter die slaghuis het hy 'n privaat "klubhuis" so hy kan ons help met die dors!

Die gedagte is dat elkeen sy eie kop gaar maak en eet! Ek sal sorg dat die koppe reeds skoon is en sal sorg dat alles wat nodig is daar is!
Die wat nie wil kop eet nie, ons is in die slaghuis se agterplaas so vleis sal beskikbaar wees!

Die gedagte is dat ons so 11H30 daar moet wees sodat ons kan begin met die voorbereiding dat ons dit 'n middagete kan maak. Daar is 'n TV in die "klubhuis" vir die wat die rugby wil volg! So die wat 'n voormiddag trippie wil inpas op die lekker stof paaie kan dit doen oppad na die eetplek toe!

Wat elkeen moet bring:
Jou eie knipmes om die kop mee te eet!
Geld vir die "brandstof"

Koste:
Vir die wat kop gaan eet betaal R50.00 vir my vir jou rou kop!
Vir die wat wil saam kuier en vleis / steak / sosatie wil braai jy koop dit self in die slaghuis!

Ek sal sorg vir roosterbrood en botter saam met die kop!

Die wat met 'n voertuig wil kom is ook welkom! (LEM)
Die wat met 'n trailer wil kom is ook welkom! (STOETIE)  :peepwall:

Hier is 2 foto's van Vaalbaas se "klubhuis"
 

Attachments

  • Vaalbaas1.jpg
    Vaalbaas1.jpg
    88.8 KB
  • vaalbaas2.jpg
    vaalbaas2.jpg
    60.4 KB
Top