Slang Se Kind

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dusty Rusty

Grey Hound
Joined
Sep 20, 2010
Messages
5,807
Reaction score
0
Location
Bellville
Bike
Honda XR250 Tornado
Wie van julle ouens het al gery en dan ewe skielik is slang se kind voor jou?

Wat doen jy dan?  Probeer jy maar om hom ry as jy kan of ry jy  bo-oor as daar daar geen ander uitweg is nie?

Die vakansie gaan ons baie grondpad ry en ons mag dalk so een of twee van die reptiele op ons pad kry. 

Ek onthou verlede jaar het iemand iets gepost van 'n slang van so ewe in sy bike geklim het en die storie wat dit was om die outjie weer daar uit te kry! 

Kan party slange hoer pik as wat jou bootse is?

En wat as jy kamp?  Het enige iemand van julle al 'n onwelkome gas iewers in jou beddegoed of bootse ontdek? 

Ek weet van ons forum mense is nogals lief vir die pootlose gediertes en sal stop om van hulle foto's te neem.  Ek?  Aikona!  Dis die vinnigste wat jy my seker op my bike sal sien ry! 
 
Top