Slim vang sy baas.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pietsjiet

Pack Dog
Joined
Jul 13, 2016
Messages
69
Reaction score
8
Location
Kuruman
Bike
KTM 950 Adventure S
Ek wik en weeg nou al lank oor of ek hierdie moet post.
Ek voel skaam hieroor. Maar dalk help ek iemand om nie
dieselfde fout te maak nie.. :-\
So dis die verhaal:
In November 2021 is ek verveeld in my garage. Druk so op
die handlebar van my 990S wat op sy centre stand  staan.
Die vurke druk in en kom dadelik terug, asof daar geen rebound
effek is nie, slegs spring. " kom ek stel die rebound adjusters"
Ek stel hulle al die pad "toe" om te voel of daar ooit n verandering
sal wees. Ek stel sommer die compression adjuters ook al die pad
vas. Skryf die verstellings neer .
Die Saterdag gaan ek en n maat ( met sy 640A ) ry.
Sommer gou al voel ek die agterwiel skop op oor die knoppe.
Dink ek sal hom nou nou verstel....
Ek ry omtrent 110km/h ....kyk uit voor my vir n boom vir koelte, sodat ek
die settings kan verander en sommer n blaaskansie vat...
Toe gebeur die moeilikheid  :'(
Die voorwiel vat n spoor ( harde wit kalk grondpad wat bakkie spore gery het
gedurende die laaste reëns,  nou droog) dit sit my in die slegste
deel van n opgedroogte watergat.
Toe slaat die 950 gat oor kop, teen 110km/h.
Die vurke was steeds ge compress...toe slaat die agterwiel
die wal na die gat. ( onder normale omstandighede sou ek dit maak)
Die episode het 'gelukkig ' net my sleutelbeen gebreek.
Die bike het redelik goed daarvan afgekom danksy die crashbars en pannier rakke.

My raad aan ander hierna...
Al voel en lyk dit asof die suspension settings nie veel uitwerking het nie,
het dit meer as n mens dink... moenie dink jy is slimmer as die baas wat die
boeke geskryf het nie.. :sip:
 

Attachments

  • IMG-20211113-WA0007.jpg
    IMG-20211113-WA0007.jpg
    205.8 KB · Views: 391
Top