Soek grondpad roete voorstelle: Pretoria na Gariepdam

Wild Dog Adventure Riding

Help Support Wild Dog Adventure Riding:

ktmpilot

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2012
Messages
332
Reaction score
32
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Kan iemand my miskien aub help met voorstelle vir 'n grondpad roete van Pretoria na Gariepdam miskien aub?

Eerste prys sal wees as iemand dalk 'n gdb of gpx file het om te deel, andersins sal enige raad/advies oor dorp-na-dorp roete min of meer baie waardeer word.
 

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
3,413
Reaction score
759
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
Vanuit Bloem is n baie mooi grondpad wat amper teen die N1 loop - ek het al baie lekker daar gery. Naby die dam is n river crossing waarvan die hek soms gesluit is, maar dan is dit 3km terug tot op N1, so 2 km tot by afrit na die dam.

Van Pretoria af het ek nog nooit bike gery nie, maar die roete sal afhang van hoeveel tyd jy het.

Daar is lekker paadjies van Oranjeville af via Heilbron en Edenville na Kroonstad. En van daar ilaf is baie grondpaaie na Welkom en dan Bultfontein of Brandfort. Van Bulties af sal ek Soutpan oorgaan Bloem toe, of van Brandfort af agter Glen om.
 

ktmpilot

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2012
Messages
332
Reaction score
32
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Vanuit Bloem is n baie mooi grondpad wat amper teen die N1 loop - ek het al baie lekker daar gery. Naby die dam is n river crossing waarvan die hek soms gesluit is, maar dan is dit 3km terug tot op N1, so 2 km tot by afrit na die dam.

Van Pretoria af het ek nog nooit bike gery nie, maar die roete sal afhang van hoeveel tyd jy het.

Daar is lekker paadjies van Oranjeville af via Heilbron en Edenville na Kroonstad. En van daar ilaf is baie grondpaaie na Welkom en dan Bultfontein of Brandfort. Van Bulties af sal ek Soutpan oorgaan Bloem toe, of van Brandfort af agter Glen om.
Baie dankie vir hierdie, ek kan daai grondpad langs die N1 tussen Bloem en die dam mooi sien op T4A, hy lyk mooi. Van al die kere wat ek daai stuk N1 op die teer gery het het ek nooit besef daar le so 'n lekker grondpad net langsaan nie, ek gaan hom vir seker gebruik.
 

ktmpilot

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2012
Messages
332
Reaction score
32
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Hier is wat ek sover gebou het. Ek skat so in die omgewing van 70% gruispad. Totale afstand is 857km, ek wil dit graag in een dag doen, maar dit mag dalk bietjie wyd wees vir 'n dag.


Screenshot 2022-12-11 131058.jpg





Screenshot 2022-12-11 131338.jpg
 

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
3,413
Reaction score
759
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
Raait, eks nie 100% seker of ek die pad reg sien nie, maar indien wel net so paar notas:

Die stuk in rooi behoort redelik sanderig te wees. Dis nou vanaf Bothaville op Hoopstad pad en links af net na kwekery by Genl CR Swart se museum?

By die pers lyk dit of jy regs afdraai net na rivier tussen Wesselsbron en Bultfontein. Die eerste stuk na jy regs draai is vol sinkplaat. As dit reen gaan dit rof op daai pad met lekker modder, diep water en diep spore getrap. Waar jy weer afdraai by so wildskamp is dit lekker pad wat mens die agterwiel goed gaan laat afloop😜

Die stuk in groen is baie lekker. Net buite Bultfontein regs af op Dealesville grondpad. Daar is so 200m sand stukkie omtrent 2km van die teerpad wat jou kan uitvang, verder is hy mooi - lees vinnig. Die afdraai na Soutpan is nie gemerk nie, so jy gaan waarskynlik verby ry, en ek dink hy sit op n draai ook. Van daar af tweespoor waar jy kan gooi, passop net vir steenbokkies.

Koop paar nickerballs en wilson toffies in Soutpan.
 

Attachments

  • 6EC137D0-5734-441B-A839-B89AC4B8C160.jpeg
    6EC137D0-5734-441B-A839-B89AC4B8C160.jpeg
    1.2 MB · Views: 0

ktmpilot

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2012
Messages
332
Reaction score
32
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Raait, eks nie 100% seker of ek die pad reg sien nie, maar indien wel net so paar notas:

Die stuk in rooi behoort redelik sanderig te wees. Dis nou vanaf Bothaville op Hoopstad pad en links af net na kwekery by Genl CR Swart se museum?

By die pers lyk dit of jy regs afdraai net na rivier tussen Wesselsbron en Bultfontein. Die eerste stuk na jy regs draai is vol sinkplaat. As dit reen gaan dit rof op daai pad met lekker modder, diep water en diep spore getrap. Waar jy weer afdraai by so wildskamp is dit lekker pad wat mens die agterwiel goed gaan laat afloop😜

Die stuk in groen is baie lekker. Net buite Bultfontein regs af op Dealesville grondpad. Daar is so 200m sand stukkie omtrent 2km van die teerpad wat jou kan uitvang, verder is hy mooi - lees vinnig. Die afdraai na Soutpan is nie gemerk nie, so jy gaan waarskynlik verby ry, en ek dink hy sit op n draai ook. Van daar af tweespoor waar jy kan gooi, passop net vir steenbokkies.

Koop paar nickerballs en wilson toffies in Soutpan.
Baie dankie vir daai info, ek waardeer baie. Bly om te hoor daar is lekker sanderige stukke, ek hou van sand ry :cool:(y)

Weet jy dalk of daar kampplek is by die Soetdoring Natuurreservaat miskien? Of in Soutpan? Ek sien gastehuise/B&B's op Lekkeslaap daarrond, maar ek verkies kamp.
 

sidetrack

Gentleman Dog
Joined
Jan 30, 2006
Messages
18,363
Reaction score
1,273
Location
Pretoria
Route :

Pretoria - Delmas - Villiers - Frankfort - Lindley - Senekal - Korannaberge - Thaba Nchu - Reddersburg - Dewetsdorp - Jagersfontein - Vanderkloof - Luckhoff - Phillipolis - Smithfield - Wepener - Fouriesburg - Clarens - Golden Gate - Villiers - Heidelberg - Pretoria

This was 12 years ago I do not know if the route is still accessible everywhere

 

Attachments

  • bash2 001.gpx
    69.1 KB · Views: 0

ktmpilot

Pack Dog
Joined
Feb 27, 2012
Messages
332
Reaction score
32
Location
Centurion, Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Route :

Pretoria - Delmas - Villiers - Frankfort - Lindley - Senekal - Korannaberge - Thaba Nchu - Reddersburg - Dewetsdorp - Jagersfontein - Vanderkloof - Luckhoff - Phillipolis - Smithfield - Wepener - Fouriesburg - Clarens - Golden Gate - Villiers - Heidelberg - Pretoria

This was 12 years ago I do not know if the route is still accessible everywhere

Yoh, ek het nou net daai ride report gelees, daai het epic gelyk. Het jy dalk nog 'n GPS track file om te deel miskien aub?
 
Top