Sommer just a ride

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Manic

Grumpy Mutt
WD Vendor
Joined
May 24, 2007
Messages
23,307
Reaction score
8,171
Location
ORANIA
Bike
BMW (all models)
Plan was om Buff toe te gaan. Donderdag ry, Maandag terug kom. Maar met n paar issues op my besigheids kant is dit kort geknip, en ek en my pel het n ander rigting ingeslaan.

Vrydag oggend 06h00 vat ek en The TRANSPORTER pad. Die grootste deel Vrydag was teerpad. Deur Ventersdorp, Potch toe so verlangs af Odendaalsrus/Bothaville tot eventually in Bloem.

By Bloem het ons op die grond geklim. Bloem, Trompsburg deur tot in Philippolis.

Heng mense die klein dorpies is scary!! 17h00 toe is daar niks meer oop nie!! Ons kan nie hout koop nie, nie n vleisie nie NIKS. Gelukkig was die Hotel oop. Daar het ons n stuk vleis gekry en n rukkie gekuier en toe terug na die Tronk toe waar ons gaan le en gesels het tot laat.

GSAPhilippolisRide003.jpg


Grondpad Philippolis toe.
GSAPhilippolisRide010.jpg


GSAPhilippolisRide020.jpg



Sel was ons kamer gewees. Heng maar die matrasse was net KLIPhard hoor phew!!!

GSAPhilippolisRide024.jpg
 
Saterdag oggend ry ons Philippolis uit, kry toe n grondpad wat deur loop Springfontein toe. Dit was so 55km. Pad was mooi, en die spoed was redelik konstant.

GSAPhilippolisRide035.jpg


GSAPhilippolisRide031.jpg


Vanaf Springfontein kry ons toe n nuwe teerpad wat Bethulie toe loop. Dit is nou Superbike pad daai!! Splinternuwe pad, baie breed, geen verkeer, en jy kan ver sien!! Op my R1 sal ek oopketels le daar tot binne in die volgende dorp!!

Bethulie in en uit met n spoed. Slaan toe gravel oppad Smithfiled toe. Pad baie mooi, paar skerp draaie, laag water bruggies, ry teenaan boere se huise verby, maar op die pad. Wonder hoekom hulle die huise en skure so naby aan die grond pad bou??

GSAPhilippolisRide147.jpg


GSAPhilippolisRide040-1.jpg
 
Oppad Smithfield toe sien ons die weer  :eek:

GSAPhilippolisRide053.jpg


gedink ons gaan dit mis, wel ons het nie. Sopnat, modder, ry en gly, kom soos nat hoenders vol modder daar in Smithfield aan

Net voor Smithfield toe sien ek die damwal. Nou die naam vergeet vd dam sorry, was te nat om te dink. Draai toe af in die pad en gaan loer bietjie hoe dit daar binne lyk. Als verwaarloos! Daar is darem nog water in die dam   :imaposer:

GSAPhilippolisRide060.jpg


GSAPhilippolisRide064.jpg


GSAPhilippolisRide066.jpg
 
Kom toe Smithfield in so 13h00. Honger, wil eet. NIKS is oop nie.
Garage verkoop net sulke sooibrand pies  >:D

Help eers n Oom wat petrol soek, baie smart ou, vra joggie moet R50 ingooi toe sit sy ore in sy gaai en gooi n R100. Oom baie upset en maak n hengse scene oor die ander R50 wat hy nie het nie. Ons se toe die joggie moet sy Yaris volmaak en ons sal die tab optel. Ou Oom begin toe huil.... Anyway, goeie daad vd dag gedoen, maar ons is nogsteeds HONGER!!

Kry toe n restaurant in die dorp oop na n gesukkel, weereens is dit net ONS daar binne. Kry toe n lekker steak, pens vol, tyd om pad aan te vat weer.

Paar pics vd restaurant en die ou se hond wat oorneem toe ons klaar geet het.
Restaurant is in n horing ou Huis. Baie netjies, sulke swaar plank vloere wat kraak as jy loop.

Pigout. Paar Think Bike stickers teen die vensters, so daar was al manne voor ons.

GSAPhilippolisRide044.jpg


Bar het net 3 stoele ha ha.

GSAPhilippolisRide046.jpg


Die hond is die eienaar van die plek. Hy le en slaap net waar hy wil  :laughing4:
GSAPhilippolisRide050.jpg
 
Voor ek vergeet.

Om n 3 slaapkamer huis met n groot erf te huur in Philippolis sal jou R400 per maand kos. As dit n baie groot huis met n groot erf is R500.

Die dame waar ons by geeet het, huur die Restaurant gedeelte in die Hotel vir n R1000 per maand  :eek:

Maar......daar is nie mense nie, daar is nie werk nie....... Al wat die dorp aan die gang hou is die boere wat daar kom eet en dop, meeste mense ry Bloem of Colesberg toe as hulle iets soek.

Foto van Philippolis Restaurant. Ons was weereens die enigstes wat geeet het, en dit op n Vrydag aand!!!
GSAPhilippolisRide023.jpg
 
Van Smithfield na Wepener het ons laat loop!! Geen foto's geneem op die pad nie. Dit was renerig, en ons het probeer om nie weer nat te word nie!!

Wepener aangekom toe boek ons by die Lord Fraser Gastehuis in.
5 Ster plek! 5 ster prys ook  :'(

Kamers was groot jong!! Daar was twee vertrekke, een met 2 dubbelbeddens, en n kamer met 2 enkelbeddens.

Kos was uitstekend!! T bone geet wat tot my ore aangesit het!
Breakfast was uit die boonste rakke! Pap, Yoghurt, spek en eiers jy noem dit en dit was daar!!

GSAPhilippolisRide073.jpg


GSAPhilippolisRide074.jpg


GSAPhilippolisRide078.jpg


GSAPhilippolisRide145.jpg
 
Sondag oggend vroeg is ons op, lekker breakfast geet en toe vat ons pad.
Sommer binne in Wepener al grondpad geklim. Hel nou kan ek nie onthou wat was die volgende dorp nie, jammer  :peepwall:

Pad was weereens baie lekker, doodstil. Op n stadium het die bord gewys Maseru 10km, die GPS het gewys ons hardloop reg op die grens van Lesotho!

Besig om sous te gooi in Wepener se Shell garage.
GSAPhilippolisRide089.jpg


Brug net buite die dorp. Kon nie op die brug stop om n pic van rivier te neem nie, daar was karre agter ons.

GSAPhilippolisRide092-1.jpg



Grondpaaie was orals in goeie toestand gewees. Waar dit nie klipperig was nie kon jy 140 ry sonder om te panic. Rerig mooi wereld daai.

GSAPhilippolisRide095.jpg


GSAPhilippolisRide094.jpg


GSAPhilippolisRide112.jpg

 
Van Ladybrand af het ons besef dei tyd gaan ons vang. Stamp to eteerpad heeltyd tot by Fouriesburg, waar ons besluit om n draai te gaan ry deur Golden Gate.

Maak vol in Fouriesburg, sien die honde trek daar by die pub in op streke. Ons gooi n wave en laat waai  :ricky: , sorry manne maar die tyd was min  :thumleft:

Golden Gate Piccies.

GSAPhilippolisRide116.jpg


GSAPhilippolisRide123.jpg


GSAPhilippolisRide126.jpg


GSAPhilippolisRide131.jpg


Na dei rit stop ons in Clarens en eet n monster Dagwood. Twee mamma's by die huis begin warm word, so ons kap hom toe teerpad terug tot in JHB.

Lekker trippie, omtrent so 1700km gewees. Niks was beplan nie, nie eers die roetes nie!!
Die pad gevat soos hy kom  :thumleft:  :thumleft:
 
Very nice Manic !  :thumleft: Its so nice to just ride with no plan or route !  :ricky:

Soon it will be my turn !  :3some:
 
Well you certainly had to have those hard beds to experience the luxury and comfort of the comfy beds later!! :biggrin:

And I doubt that that Great Dane was going to share his bed with you guys... :biggrin:

The roads you traversed were like highways!! Stunning pictures of those mountains and so lush...

Nice RR these rides are food for the soul...... :thumleft:
 
Nou is ek lekker spyt dat ek nie saam gegaan het nie  :(
 
Lekker trip manne. :thumleft:

Dit wys jou dat mens hoef nie ure voor die kaarte en PC en Googel earth en Maps en what u have deur te bring nie. Ook hoef mens nie 'n trip te beplan slegs om die RR role of honor te haal nie. Klim op en ry. 'n Ry is 'n ry. Daardie  verlate dam en verlate grondpad kan net sowel in donker afrika gewees het.



 
Grate stuff ouens.

Laat die wiele rol, nice foto's en ry report :thumleft: 
 
Lekker julle twee. Lyk my julle het so baie geeet dat daar twee toilets langs mekaar was in daai badkamer!! :imaposer: :peepwall:
Mooi gedaan om die oom te help met petrol. Sulke goed kom op n mooi manier terug na n mens. :thumleft:
 
Nog n paar random pics vd trippie  :ricky:

Nog n paar random pics.


GSAPhilippolisRide036.jpg


GSAPhilippolisRide034.jpg


GSAPhilippolisRide041.jpg


GSAPhilippolisRide039.jpg


GSAPhilippolisRide014.jpg


GSAPhilippolisRide030.jpg


GSAPhilippolisRide001.jpg
 
Thx for the nice comments guys.

Yes these rides into the unknown is always great.

You get to a T junction on a dirt road, zoom out on GPS, look where the road will come out plus minus, and then turn left or right.

At one stage from Bethulie we were riding 100km gravel, when we joined the tar road we were only 10km outside Bethulie again  :imaposer: Carried on for 5km on tar and made a duck back into the gravel roads  :thumleft:

There is alot more gravel to ride there believe me, but time caught up with us. If we only came back on Monday, man THEN it wouldv'e been a trip  :thumleft:
 
Thanks Manic for nice RR - enticing report with really beautiful pics. :thumleft:
 
Top