Sunday Ride 1 Feb 2015 PE Dogs

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Difflock

Race Dog
Joined
Jul 27, 2012
Messages
1,598
Reaction score
64
Location
Kirkwood
Bike
Yamaha Super Tenere
Wat n perfekte dag na n paar weke van bloedige hitte, gevoel soos n winters dag op die begin van Febuarie ons warmste maand vir die wat weet hoe dit kan warm raak.
Dit is n RR met van my minste photies ooit, my co pilot Ingelsman het ander verpligtinge aan gehad en kon nie saam ry. Ek besef hoe gerieflik ek dit het dat sy altyd neem soos ons ry en die landskap vasvang vir later se herhinneringe en om met almal te deel hier op die forum. So kry ek en julle ook n prentjie van hoe die pad loop nie soos vandag.
N RR is net nie dieselfde sonder klomp kiekies, maar nou ja laat ek n paar gevleulde woorde gooi oor vandag se gebeure.

Trek so 6uur uit Kirkwood weg in die ringting Paterson om die span daar te ontmoet, misreentjie laat weet hy's daar en is te lui om nou reenjas uit te pluk, steek verder aan.
Daar aan gekom en duks & seun wag al daar reg vir vandag se road trip, duks jy het regtig n oulike seun, geen gemoan gehoor nie na die 360km +- vir die dag nie  :thumleft:
Mr Texc was so effe laat agv padwerke en daar was 2 oppad van PE, almal was vol smiles want ons het almal iets in gemeun en dit is bike ry  :3some: en soek n kop skoonmakertjie voor die week begin.
Trek weg uit Paterson in die rigting van Alicedale, Kommadagga Stasie, N10, Beenleegte pad tot verby Tiekiedraai vir ons onbyt.

Hier is n paar kiekies, duks jy en TEXC moet maar gooi want ek't regtig niks.

Van Alicedale is daar n wildkamp oppad na Kommadagga, ons het vlakvarke, blouwildebees, rooibokke en volstruise gesien. Na n koffie pitstop, min weet ons hoe baie ons die dag gaan vluit van al die koffie drink  :imaposer:.
 

Attachments

  • 2015_02_01_IMG_9999_1.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_1.JPG
    220.8 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_5.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_5.JPG
    143.1 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_7.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_7.JPG
    154.7 KB
Die tyd en kms wat ek deur gee is altyd uit, dit gebeur maar mos jong. Is is so uur laat maar met rede ons het geen haas om die dag af te jaag nie. Kom op Kommadagga aan en gee vir TWE-Twe n lui dat ons effe vas draai, geen probleem sien julle op Tiekiedraai. Daar aan gekom gaan ons na die plaas opstal, n pragtig plek wat julle het hoor en die uitsig is netso stunning.  :thumleft: Ons almal as ek mag sê het n baie lekker kuier en onbyt geniet, ek was so versadig na dit dat ek eers vannaand geeet het. Ek sal n bestelling moet in sit vir daai lekker rooster koek  :drif: , nogmals dakie vir julle waardeer dit opreg.
Na daai lekker onbyt is ons in die rigting van Darlington dam, ons wou die skoenmakers rivier ry maar hekke was toe en het toe die Renosterfontein pad geneem wat weer op die R400 aansluit. R400 tot Darlington Dam vir n pitstop en vinnige koffie, net verby die dam vang die reen ons so effe effe, stop trek reenjas aan en ry tot Greyton, oor Koffylaagte, deur Glenconner op teer na Cheatha Pad stal vir n laaste koffie.
Sit rustig op die stoep, drink weer koffie en hoor hoe val die druppels op die zinkplaat dak, niks klink soos dit nie en die reuk van reen is onvergelykbaar skoon & vars.
 

Attachments

  • 2015_02_01_IMG_9999_11.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_11.JPG
    196.9 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_9.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_9.JPG
    172.6 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_14.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_14.JPG
    184 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_19.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_19.JPG
    166.7 KB
  • 2015_02_01_IMG_9999_20.JPG
    2015_02_01_IMG_9999_20.JPG
    171.7 KB
Mr Texc was so effe laat agv padwerke en daar was 2 oppad van PE, almal was vol smiles want ons het almal iets in gemeun en dit is
[/quote]

10min...... :biggrin:
 
toe ons daar onderkant die Darlington damwal staan, kom daar n bakkie verby ons met n vrag vol carp en barbers wat nog gaap na asem....paar mooi grotes
 

Attachments

  • PHOT0008.JPG
    PHOT0008.JPG
    228.1 KB
  • PHOT0010.JPG
    PHOT0010.JPG
    162.8 KB
daar by die cheetah farm kry ons 2 oulike stikka biltong....hulle is al reg om te eet :thumleft:
 

Attachments

  • 2015-02-01 15.50.34.jpg
    2015-02-01 15.50.34.jpg
    311.8 KB
  • 2015-02-01 15.50.50.jpg
    2015-02-01 15.50.50.jpg
    266.2 KB
  • 2015-02-01 15.50.34.jpg
    2015-02-01 15.50.34.jpg
    311.8 KB
  • 2015-02-01 15.50.50.jpg
    2015-02-01 15.50.50.jpg
    266.2 KB
sorry...geen idea hoekom die fotos 2 keer wys ???
 
4 Kays said:
Dit lyk na vis moord  :peepwall:

ja nee...se maar niks....en dit nogal in n natuurbevaaring bakkie
 
Was indeed a good days ride,perfect weather and good company.Thanks Difflock and Texc and big thanks to Twe Twe and family for great breakfast.
Son did however moan but only when there was tar involved.
Texc dont forget about the side entry??
 
duks said:
Was indeed a good days ride,perfect weather and good company.Thanks Difflock and Texc and big thanks to Twe Twe and family for great breakfast.
Son did however moan but only when there was tar involved.
Texc dont forget about the side entry??

morning. I was discussing this again last night at home. It will either be Saturday 21st or Saturday 28th Feb, but also depends on the rain. It is quiet a difficult route so if it rains we are really going to *** :biggrin:
 
nice ride  :thumleft: :thumleft:

illegal netting alive and well in africa
 
Difflock,TEXC,Duks en Daniel,dit was baie lekker om julle by ons op die plaas te he.......ek is bly julle is veilig tuis.. :thumleft: sien julle by Middelton die 14 de.. :ricky:
 
Mooi ene julle ouens.  :thumleft:

Daai vis is seker oppad na Ocean Basket.  :eek7:  :peepwall:
 
Vis Arend said:
Mooi ene julle ouens.   :thumleft:

Daai vis is seker oppad na Ocean Basket.   :eek7:   :peepwall:

:imaposer: Ek't self nogi so baie vis gesien nie.
 
Vis Arend said:
Mooi ene julle ouens.   :thumleft:

Daai vis is seker oppad na Ocean Basket.   :eek7:   :peepwall:

nope..die bestuurder van die bakkie het gese dis vir die plaaslike gemeenskap....maar ocean basket verkoop anyway net vars vis uit die see.... :imaposer:
 
Top