Super teleurgesteld

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
3,016
Reaction score
229
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Ai Manne/Maninne, ek het my bike vroeer vanjaar gekoop by 'n ander member op die forum(wel om die waarheid te se, hyt net die forum gejoin om sy bike te swaai, sederdien was hy nooit weer op die forum nie,wees sommer ook gewaarsku oor nuwe newbies). Omdat die bike in Gauteng is, het ek dat die vorige eienaar die bike na 'n BMW dealer toe vat sodat hulle die bike kan deurgaan. Hulle het 'n krap op die craschbar en podprotector bevestig, verder was alles volgens hulle in orde.

Lang storie kort: Ek het die bike gaan haal, uitgekyk en deurgegaan en gekoop.  300km later het ek 'n petrollekkasie waargeneem.  Die mech se vir my dis die Top pumpcasing wat gekraak is, wat al voorheen met 'n plastic steel produk opgefrieken patch is. Nuwe ene kos R3500.00. En moet van Moeder Duitsland af ingevoer word.

Nou wonder ek, moes ek beter gekyk het, moes BMW beter gekyk het, of het die vorige eienaar my net plein ingeloop, of mag hy sy bek gehou het?! Ek het die Mech gevra of die part nie geplastic weld kan word nie, waarop hy se dat daai part omtrent 4bar druk moet kan hanteer, so dis stupid om die part in die eerste plek net 'n temp patch te gee. Ek is bitter teleur gesteld in my eie oordeel, of is ek net te emosioneel hieroor?  Wys maar net, as jy 'n 2de handse produk koop...wees wakker!

Wat volgende, ek wag nog vir Acme vir goeie nuus, het ook al 'n paar dealers gebel om te hoor vir 'n 2de handse ene, sonder sukses.
 
Top