Sy het JA gesê!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Namakwalander

Grey Hound
Joined
Nov 19, 2013
Messages
7,856
Reaction score
2,871
Location
Centurion
Bike
Honda XR250 Tornado
Dag sê mense

So na die vele karring het my vrou die ja-woord gegee dat ek n motorfiets kan kry. Die goggatjie het goed gebyt kort voor ek die Noordkaap moes verlaat, toe m0lt3n besluit het om my te leer motorfiets ry op sy XR125. Daar is n ride report oor die gaval ook erens.

Ek het baie gehou van die sit posisie op die 125cc monster en die suspensie was goed genoeg om my gewig te dra. Ek het selfs sand baasgeraak met die yster. Ek kon egter nie vinniger as 80km/h ry al le ek plat op die tenk nie.

Nou my vraag aan my mede motorfiets ryers; watter fiets koop ek op n effense stywe begroting?

Ek reken ek sal eers net naweke ry, maar oorweeg sterk om die fiets werk toe te gebruik (Centurion na Modderfontein). Ek sal hou by agterpaaie om te verseker dat ek nie iets vereis met n hoee topspoed vir die snelweg nie. Ek wil definitief ook in staat wees om n paar grondpaaie te kan ry.

Tans het ek my oog op n vriend se 2009 XR250 Tornado. Dit behoort n aanduiding van my begroting te gee. Is daar enige ander voorstelle? m0lt3n is van die opinie dat ek so 10k meer kan spandeer en n 650cc eerder kan kry. Groter as 650 sal ek seker nie gaan nie.
 
Top