Uvex Carbon vrae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

smithcorne

Pack Dog
Joined
Oct 20, 2009
Messages
289
Reaction score
1
Location
Louis Trichardt
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ek het vandag besit geneem van my eerste "premium" helmet, 'n Uvex Carbon. Noudat ek die klein boekie gelees het wat saam hom kom, wonder ek hoe ander honde hulle s'n gebruik?

Die boekie stel voor jy gebruik nie die visor in stowwerige omstandighede nie. Daarvoor moet jy die visor afhaal en die brille koop en opsit. Dis om die "coating" op die lens te spaar.
Ek is so donners bang ek laat val die ding. Sal hy breek as hy uit jou hande op die vloer val?
Mens moet ook glo nie die binnekant van die visor met n lap bykom nie. dit beskadig die coating op die binnekant.
Basically lyk dit of die dem visor nooit gebruik moet word nie. I kid you not! Die van julle wat nog julle boekies het moet lees, hulle maak allerhande verskonings.

Die helmet sit puik! Voel baie lig en gemaklik. Knyp nogdie koppie maar sal more sy eerste 250km doen.

Laaste, eks gewoond aan die "ratchet" tipe clip om die helmet se bandjies mee vas te maak. Hy werk met of sonder handskoene. Hoe nou gemaak met die double D-rings tipes? Kry julle ander ouens dit reg met gloves aan? Om die helmet vas en los te maak bedoel ek...

Groete
CS
 
Top