Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die pad vorentoe.

439fb0f3b1f0e32f39d19145fbe571d4.jpg


Daar waar ek staan kom ‘n cruiser bakkie uit die veld en draai verby my pad af.  ‘n Jong man groet my vriendelik en vra of als ok is.  Toe hy my thumbs up kry ry hy verder.

Net so entjie verder kry ek nog ‘n jong man wat groet soos hy verby kom. 

Ek kan nie help om te wonder of hulle besef hoeveel manne beny hulle hul posisie nie.  En toe wonder ek weer wat deur hulle gedagtes gaan.  Net so graag soos ek eendag wou gaan boer, het daai ou drome van nie boer nie?

Ek kom op ‘n derde jong man af waar hy die trekker haak aan sy cruiser.  Dit lyk soos ‘n ou MF en dink by myself hy het seker maar sonder diesel loop vrek, ‘n Massey breek mos nie.

Ek stop en vra of ek kan help, maar die man en sy handlanger beduie hulle sal regkom.

Die pad is nou nie meer so reguit nie en ek geniet die draaie wat kort op mekaar is.  Jy kan ver sien, geen ander voertuie en geen gevaar as jy die draai bietjie wyd vat nie.

Die geleentheid doen homself voor om te stop om die natuurskoon vas te vang.

d7e6685feb1356c737f159e246dd3d74.jpg


Ek gaan sit sommer so op my gat in die pad, drink ‘n bietjie water en slaan ‘n dampie.  Teen die tyd is dit seker hier by 15h00 en ek sit en dink hoe dinge verander het in die laaste paar maande.

Dis ‘n Vrydag middag en kyk waar bevind ek myself.  Ek en BikerJan het altyd probeer om so nou en dan teen die tyd ‘n biertjie te gaan drink in Centurion om bietjie die industrie te bespreek en sommer op persoonlike vlak bietjie op te vang.  Ons kon dit nie eers een keer ‘n maand regkry nie en ek sit en dink hoe hy dié nou sou geniet.

Ek sit ook en dink oor werkgewers wat nie besef hoe belangrik hierdie tipe tyd vir mens wees is nie.  Ek besluit om eendag daai tipe werkgewer te wees en dit sommer verpligtend maak.

1911b6bebf07cacf67015d37ebbca70e.jpg


35012e7ed53592eee5727ea407064abf.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek daal in die vallei af en die pad is vol albasters.  Ek geniet dit verskriklik en ry eintlik vinniger as wat nodig is.  Die DCT maak ry maklik.  Ek stop by ‘n laagwater bruggie en is sommer bly vir die manne dat hulle reën gekry het.

822f1763643c31fa3802bb6cbdc196b1.jpg


Nie ver nie en ek kom by ‘n kruising.

a6f65008e6665433789f6b6830ae273b.jpg


Hier is net eenvoudig te veel opsies en ek kyk na die tyd.  Ek besluit om liefs om te draai voor die donker my dalk vang.  Ek draai regs Eenzaamheid toe en kom weer by die N9 uit.

5b10622436d8576c5ede0e6d8bdedff5.jpg


Ek is terleurgesteld toe die grondpad klaar is maar geniet ook die stukkie teerpad.  Ek kan nie dink hoeveel keer ek al die pad gery het nie en dit bly steeds vir my mooi.

By Herold besluit ek om weer Montegu pas af te ry.

Terug by die workshop sit ek die bike weg en spring in die bakkie.  Stop eers vir ‘n bier by neef en deel my storie en roete met hom.  Ons besluit dat daar 2 dae uitgesit moet word om die area verder te gaan verken.

Ek ry huis toe en is erg tevrede.

88430dea8a2f17a377ef4866bc84eef1.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dis baie hartseer dat daai Buffelsdrift area se reen so drie jaar gelede net opgehou het. :(
Als wat nou groen is is ondergrondse water.
Toe ek op skool was is daai paaie naweke vrot gery met die MT-5 en dit was kanaan met lusern,groente en saai oeste elke jaar.

Kobus as jy en neef daaikant toe gaan bly oor by by Eagle Falls as julle kan. :deal: :thumleft:
 
Ek geniet hierdie tread baie, vernaam dat jy so lekker saam die kinders ry!  :thumleft:
 
‘n Paar fotos van ons trippie Woensdag.

JFE gaan ‘n RR doen as hy tyd kry, so gaan hom nie die storie ontneem nie.

95a0086bc083b37ab4d5d3ea063acd1f.jpg


7252207b06dc293da18d0cb49cf60073.jpg


caa5bb6b5b64727c6cecc2d446348d2f.jpg


f2dde2a40aef19ec6f72fefd24fac227.jpg


f86a754866221d8c98c3c61dea8b3911.jpg


3b048be8f8d8073173612b56a0463971.jpg


0fef501e9dec05a6c30e7e070a345147.jpg


bff0e9e11684a29ddade0fc32cb2b6a8.jpg


8de225a940c04156fa8e9d420ec7bca3.jpg


816296c089e3b44750510bb7a4032821.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ian in Great Brak River said:
Ja, die Sydkaap... Mooi wereld.

8)


Spot on Ian, it’s an extended paradise for riding.  [emoji1303]


So off we go yesterday morning to spend the evening in Witsand.

Uit George volg ons al die agter paadjies tot in Jongensfontein waar ons stop vir ‘n iets te ete.

172da5c68c0498fc2f6782d730014948.jpg


b4c9959075637b66808a3b7f41d85ec0.jpg


ec2569467853fcef07e5ccc4e54ba08e.jpg


Met ‘n vol maag vat ons die pad deur Vermaaklikheid.

0a28697d42d6ae2a924a1f3e35a77f15.jpg


087fa666ee211ea7141f9bc3daf00e0b.jpg


0ab3983e490c655fc58a2e4d1d7f8efb.jpg


In Witsand word daar hout gekoop voor ons by ons akkommodasie inboek.

Die aand word daar baie gelag en gesels om ‘n braaivleis vuur en ‘n bottel rooiwyn.

8f67224dd8b932a67a00c6634388210d.jpg


Vanoggend pak ons die pad weer terug en word begroet met ons land se mooie natuurskoon.

092c70aea4c9181bf2f7e27293072dd5.jpg


2bdcca177302a8494562a770fc414ab7.jpg


Na ‘n lekker ontbyt in Riversdal is ons net voor middag ete by die huis om Vadersdag saam met die familie te spandeer.

Hierdie trippie was weer eens perfek agv die great mense.  Lekker manne wat dieselfde passie deel.  Ek sien sommer klaar uit na die volgende een.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Geen twyfel die manne hou almal van Honda African twin - lekker  :thumleft:
 
Dankie Kobus vir die lekker “saamry”.



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Kyk, ek is eintlik ‘n wetsgehoorsame outjie.  Ry 60 wanneer ek moet en nooit oor 120 op die snelweg nie.  Mens doen mos nie dit nie.  [emoji16]

So sit ek vanoggend op Google earth en kyk na ‘n spesifieke paadjie wat ek wil gaan ry, maar iets anders vang my oog. 

Ek plot ‘n paar waypoints en laai dit op die gps.  Dit lyk ‘n bietjie rof en ek ry alleen so stop eers by neef en wys hom watter roete ek gaan ry.  Met die los ek sommer die rekenaar by hom na hy my sê ek is bef@k.  Sy kru taal ontstel my so dat ek summier pad vat. [emoji15]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek ry sommer teer pad oor die berg.  Die brute krag van die 250 Rally kos my alewig tail slide deur elke draai.  Ek dink my foot pegs is nou 2cm korter van daai ‘peg scratching’.  [emoji12]

Ek kyk na die gps en kies rigting WP01, die eerste van 12 waypoints.

Ek stop by ‘n plaas en dink eers ek is nou hopeloos verkeerd, maar druk verby.  Toe ek my oë uitvee, staan ek hier.

f3a063f63a7f03c82bba9f9c75c95047.jpg


Die hek voor my dui aan dat ek nou nie heeltemal hier hoort nie, maar dan sou hulle mos die hek gesluit het?  (En nee, dis nie ‘n boer se grond nie)

Deur die hek en ek stop na so rukkie.  Liewe ouers!  Dis so mooi ek vergeet om te rook.

06782c4b00f36d18be5bd92aa2909289.jpg


07564b286afdb5bf972c1e939ae8bead.jpg


Ek kry koers WP03 toe waar ek moet links draai.

dac241ce8c86ca7880b509204cea4453.jpg


0577afa74e05df31c7b9a93e9c47ca2b.jpg


Die pad raak al slegter maar ek stoot aan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Tussen WP05 en WP06 ry ek my egter vas in ‘n berg.  Mens kan sien daar was jare terug dalk ‘n roete maar daar is geen manier dat ek dit alleen kan aan pak nie.

5ea924e17c2a722e8b41a0c189a8baf0.jpg


56c1d4481328f1fded28b1e3949aa5de.jpg


284821582bc2b0f0945ebe2753a4d3d4.jpg


7f624b9540e9d6d7021ce36c01bb09fc.jpg


Ek draai om en volg ‘n ander paadjie wat ook toe dood loop.  So draai ek toe maar terug en los dit vir ‘n volgende keer.

1eb085edcfc57e843503e626cef9a154.jpg


146817de1a8e74c953eb28a4a11040c4.jpg


89dcdee8310f84c69555dfbc521e419d.jpg


En so kom nog ‘n kort verhaal tot ‘n einde, maar net tot die volgende verkennings roete.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Die laaities se bike naweek: 6 - 8 Julie

Vele jare terug was dit 'n enduro paradys hier onder in die Suid Kaap.  Plekke soos Louvain, Bosvark Enduro, Rietvlei en Ricus (RIP) se plaas was ons uithang plekke oor naweke.  Deesdae is dit amper onmoontlik om tipiese enduro plekke te kry waar 'n mens nog kan ry.

Die seuns is nou al te gewoond aan die local MX track wat ons hier het en ek is straks ook nie 'n voorstaander van 'n MX baan nie.  Hulle fietse is nie gebou daarvoor nie en my mediese fonds gaan kort voor lank sy gat sien as die MX gogga eers byt.  Die lang termyn plan is dat hulle eerder enduro tipe ry gewoond raak om hulle 'n goeie basis te gee vir adventure riding eendag, sou dit natuurlik by hulle aanklank vind.

With the July school holidays in progress and the fact that they're driving their mother up the walls, we decide to go camping last weekend.  Cousin Francois and family decides to join and all of a sudden we have four boys that needs to be occupied by enough activities for the weekend to keep them out of mischief.  So the search begins for a place that we can camp and they can take their bikes with.

Our first enquiry goes out to Louvain.  Nico used to be a very active biker and their farm had some really fantastic enduro tracks.  They however inform us that they're busy with restorations and that they no longer allow bikes due to the effect on their ostrich farming.  Bummer!

Next up is Eagle Falls and Michial (spelling? Pronounced Migail) agrees that the laaities can ride around on the farm. 

The Sunday prior to last weekend we decide to take a leisurely drive around the back roads and end up on the Kamanassie road where I took the AT previously.  I wanted to see where that Buffelsdrift road leads to so this was a perfect opportunity.

2ececd3b4a91b803d8b3573b5aa7133d.jpg


20ad81d9477b40fb9ec72d0198daa2b8.jpg


5ee6e2040ad1d4c6e1c99054c407f4fb.jpg


Unfortunately the road ended on the koppie just as you exit the Buffelsdrift settlement.  The road, which used to go all the way to De Rust, is now closed by conservation and private game farms, both a blessing and a pity I guess.

5ef02929b25e71dc693a8a097bc56684.jpg


61229edaa14d717eda654938a0436859.jpg


Met Eagle Falls wat net om die draai daar is, besluit ons sommer om gou te gaan loer waar ons die volgende naweek gaan kamp en gesels bietjie met Michail.
 
Net toe ek oor iets anders wil skryf sien ek bogenoemde storie is ook net halfpad vertel.

Wel, ons het toe gaan kamp met die seuns en dit was vet pret, en vrek koud saans.

Gepak, reg om te ry.

cc459e14557badd8f339c0433b24aba6.jpg


ac7bbea710d112f66237dacec3713823.jpg


Ons stop langs die pad om seker te maak die seuns sien die mooi om hulle raak.

aaaafc434111f61c3ca623de8cf6583f.jpg


b369aec94af94cee37bdc1db802f0f7a.jpg


Daar gekom word daar gegroet en kamp word opgeslaan.  Dis al laat middag en die seuns is kriewelrig vir bike ry.  Daar word egter ooreengekom dat dit ‘n aktiwiteit is wat eers die volgende dag sou plaasvind.

b47b4a8c83859eefb2b77a93a1f78a1f.jpg


5ce767310db482b154a1a4f164d9dd9f.jpg


d5de0f2b93b2702137b51ca95926b41b.jpg


Nie ‘n slegte uitsig vir die volgende paar dae nie.

b37e2f87e49859faee5f4fa76b5c6681.jpg


e0bc6fc68cc0bdd376ca43a4c8bae636.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Die volgende oggend is die mannetjies sommer so uit die pajamas in die riding kit.  Ons is gelukkig die enigste kampeerders daar en die manne kan vroeg in die pad val.

6c46731a7371c37694842f0e93085a8d.jpg


ab7fc6e1f3308d962fc646ef2e96f963.jpg


a6afbea5a128f66570527367433bfb7d.jpg


e0640bb98db5231d0d85491f0d94a696.jpg


aa838d87ac780d9e5a6d968ca2dc3ff5.jpg


b9c8cea7dc4599bd336c54fdf67aec81.jpg


Die manne het wragtag net gestop as die petrol op is.  Ons moes hulle later dwing om net eers iets in die maag te kom sit.  Hoe hulle arms dit hou weet ek nie.

Vir eers bietjie klaar gery en daar word eers teiken geskiet.

e272c1db10f1eb7abb1d62e8e4331d52.jpg


5c51c9145d7c19a3d2ea063beec11123.jpg


3040511e9d2fb403e66b1d5d422ba47f.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Later die middag besluit ons om eers bietjie rugby te gaan kyk.  Eagle Falls het ‘n lekker kuier plek en ons het die plek vir ons self op hierdie stil naweek.

89cb569d3bf48b3287bcd97ad00d8829.jpg


1140ea75272d0740db0c048f9a97f79e.jpg


c04bbdcaba5c64d64f081de2585ab980.jpg


Die laaste keer wat ek hier gekuier het was toe ons Oubaai en Breakwater Bay buite George gebou het.  Ons het ons jaar eind funksie hier gehou.  Hulle het ‘n 4x4 roete hier wat ons toe nou ook ten tye aan gepak het.

Dit is ‘n een rigting roete, maar een keer ‘n jaar kom die manne van een of ander 4x4 klub hier bymekaar en kyk of iemand hom van die ander kant af kan ry.

In die kroeg kan jy jou naam op 2 maniere op ‘n steen kry.  Of jy koop hom, of jy kry hom gratis indien jy die roete die verkeerde kant om suksesvol voltooi.

Nou ja, met ‘n paar biere sterk is dit mos nou net die regte uitdaging.  Let wel dit is darem al 13 jaar terug en ek was bietjie meer onverskillig as vandag.

Drie van ons het die dag probeer maar net een was suksesvol.  Ek het seker maar die beter voertuig op die dag gehad.

41aa88c1cc71148479e47de11b68f0d6.jpg


e0a91b1a875a4087b909fba62ff6a58e.jpg


Daar word weer vuur gemaak die aand, maar die keer binne die lapa om die koue bietjie vry te spring.

3168ed157f1ec0d0b6ac5aea4af1cdea.jpg


En so is dit die einde van nog ‘n kort verhaal. 

As jy ooit in die omgewing is, stop gerus daar.  Dis ‘n lekker kamp plek en selfs ‘n paar chalets om te oornag.

bbf976cd5b59133e0c2569ec8ace06f8.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Baviaans - 21 Desember 2018

Op 20 November kom die boodskap deur.  "Ry jy saam Baviaans toe?"

Ek belowe myself nou al bitter lank om die kloof te gaan ry en elke keer val daar iets voor.  Die keer besluit ek egter om die datum vas te maak.

So kom die 21ste ook voor 'n man jou oë uitvee en ek staan en wag vir BikerJan en sy seun by die Montague pas se afdraai.

8de440299c098c4d4a194ea00671dc3c.jpg


81d4adf74bfb8349c1efe50761147e2c.jpg


Ons groet eers en maak 'n bietjie bek na ons mekaar vir amper 'n jaar nie gesien het nie.

Ons kies rigting oor die pas en sluit by die Kamanassie pad aan, rigting Uniondale.  By Uniondale word daar brandstof gegooi en ons is al aan met die R62, rigting St Francis, waar ons die aand by 'n vriend oorslaap. Alles gaan goed tot ek sommer uit die bloute 'n pap wiel voor kry, sommer so op die teerpad.  In elk geval, wiel af, patch die binneband en ons is weer op die pad.

Vriend Pieter onthaal ons met 'n koue bier en 'n lekker braai vir die aand.

Die volgende oggend is almal vroeg uit die vere en teen 06h00 van ons die pad.  Ons maak eers 'n draai by Cape St Francis se ligtoring voor ons rigting Humansdorp toe vat, waar ons ook sommer gou brandstof gooi.

f8d141649c15f7082a5834c32672c56a.jpg


8810d36ffb465a509e66107d324806c1.jpg


Dis mooi wereld en ek verkyk my na Patensie, wat ek heeltemal anders voorgestel het.

En toe is ons Baviaans in.  Ek los maar sommer net 'n paar fotos hier aangesien daar al genoeg gese is oor die Baviaans.  Ek weet egter dat ek beslis, sommer in die nabye toekoms, dit weer sal gaan ry en sommer baie meer fotos neem.

fd9858ad1697e20a9bd4f140390645e7.jpg


19543e0d1a1cb145bb40a004b9a6ac2d.jpg


f75c0b21d3072fc91201cf69f2796d61.jpg


22391607995c242aa65253e4a8d183f4.jpg


3bb4ab3ec7ea4722d31c9b79f0a70e93.jpg


dc8e00fb54b12ce4df0463990466baee.jpg


f727a09a11ccdd2c799be05781cdf9f7.jpg


b654f7d15462f612d1756d540981ad87.jpg


6a5113f7281008d3a973c096e97227ee.jpg


Terug in Uniondale word daar gestop om te eet en brandstof in te gooi.  Pieter kies weer koers St Francis toe en ons besluit om Prins Alfred pas oor te ry terug huis toe.  Aan die ander kant ry ons toe ook sommer Kom se pad net om dinge interressant te hou.

55c4108d95af7637925096b8aff3619e.jpg


Weer was dit sommer 'n great kort trippie saam met great manne.

[youtube]https://youtu.be/2hrj-UHxZCA[/youtube]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top