Wat doen n mens? Kort RR, baie fotos.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek net twee goed vergeet wat belangrik was. Een was my getroue ou Slime pompie. Sou ek n pap wiel kry. Die res het ek alles. Tyre levers, binnebande, gereedskap. Dit was bietjie van n oorsig. Ek het darem n bottel Tyreweld ook en sal maar in n noodgeval dit gebruik.
Die ander item, en dit begin nou n rol speel was my reenpak. Hoe ek dit vergeet het weet ek self nie. Dit moes een van die eerste items gewees het wat ek pak die tyd van die jaar!
 
Last edited:
Ek ry in Leeu Gamka in. Dit reen nou sommer lekker.
N bordjie langs die pad sê Laingsburg 114km.
Ek het gedink, eintlik gehoop, dis darem n bietjie nader. My moed sak in my skoene - ek ry maar 100kmh.
Die trokke wat van voor af kom het my gou-gou deurnat.
Ek sukkel om te sien en ry langs die geel streep. Kort kort druk daar n kar langs my verby.
Ek kies op die ou ende maar n xinergistix trok en val agter hom in. Hy ry so 80/90.
Hier is dit warmer uit die wind uit en minder nat.
So ry ons.
Die padpredikante is vêr uitmekaar uit:
Laingsburg 110km
Laingsburg 100km
Laingsburg 90km
Soms mis ek een dan is ek verbaas as daar 20km verby is.
Ek gaan later maar die trok verby en stoot aan teen 100kmh
Ek begin onbedaarlik bewe. So diep uit my binneste uit.
Ek weet vannaand moet ons diep grawe, ek en die XR.
 
Last edited:
Op pad Laingsburg toe besluit ek dis malligheid. Ek moet maar slaapplek soek en more die laaste stuk ry.
Na wat soos n ewigheid voel kom ek daar aan, en regguit Wimpy toe.
Hier bestel ek n groot koffie en n groot burger.
Ek sit by die venster in die flou sonnetjie.
Ek skrik toe ek sien dis 17H00.
Ek probeer op AirBnB slaapplek kry. Die wat antwoord is almal vol of stel nie belang in een klient nie.
Ek voel heelwat beter na die koffie en kos, begin weer dink aan aanstoot huis toe.
As ek wikkel sal ek 20H00 by die huis kan wees. Daar is nog genoeg lig om n ent weg te kom op die Ladismith pad en die reen het opgehou.
 
Last edited:
Die pad was eintlik baie lekker. Ek ry die eerste stuk in die sakkende son. Ek ken die pad goed, maar bly maar op die uitkyk vir bokke en CFM Hilux bakkies. Gemiddelde spoed so 60.
Dis alweer n vlaag reen op die horison, en dit raak nog gouer donker.
Nie lank nie ry ek in die reen. Die pad is nat, dis meestal sand so darem nie te glad nie. Die XR se lig is nie so vrot nie, ek kan nogal goed sien.

41D0B853-9831-4C99-A5A2-2533C9CD7722.jpeg
 
Ek ry tot op die R62 en draai regs Barrydale se kant toe.
Dis nou sommer lekker donker en die reen druppels spat van die XR se rooi modderskerm af en weerkaats in die lig.
Daar is min verkeer, ek sien n paar rooi liggies in die verte soms oor n koppie verdwyn. ‘n Paar trokke kom van voor af. Ek ry verby die afdraai paaie wat ek so goed ken. Plathuis. Warmwaterberg. Ronnies Sex shop.
Buite Barrydale hou dit op met reen. ‘n Swerm goggas vlieg in my vas.
Voordat ek kan dink vee ek met my handskoen oor die visor. Nou is dit eers n gemors. Ek moet mooi korrel om n skoon plekkie te kry om deur te loer. Ek maak die visor oop, maar maak hom maar weer toe. Die wind laat my oë traan.
In Barrydale stop ek onder n lig en vat die laaste van Stonehenge se brak water in die plastiek Coke botteltjie om die goggas van my visor af te vee met my handskoen. Ek sit nie eers die bike af nie, en ry dadelik weer.
Deur Tradouws pas.
Suurbraak ek ruik die manne braai skaap tjoppies!
Buffeljags.
My seun hoor my aankom en kom uitgehardloop om die hek oop te maak!
Dis lekker om weer by die huis te wees!
600 km Brandvlei na Swellendam vir die dag.
 
Last edited:
Ek het n ruk terug met die reen in die Karoo die Merveville pad gery. Ene modder en onder water, nog nooit so iets beleef nie. Kon nie deurkom na Loxton toe nie. Moes weer Laingsburg terug ry Beafort toe. 220 km draai as ek reg onthou. Dink jy het die regte keuse gemaak. Jou trip herinner my aan hoekom ek n fair weather biker is.
 
Brandvlei na Williston.
Een van die redes vir my trip was om dié stuk grondpad te ry. Ek was 6 weke terug in Williston by vriende en het die Saterdag oggend n end op die pad uit gedraf en die borde gesien. Waar ek vandaankom is die dorpe 50-60 km uitmekaar.
So val ek in die pad sonder om te eet. Google maps reken dis 150km ver en neem 3-4 ure.
Net buite Brandvlei sien ek hoekom. Dit lyk soos n rivierloop waarin jy ry.
Gemiddelde spoed is seker 30km per uur. Dis koud en die wind waai. Daar is reenwolke wat op die horison saampak.
Ek weet ek moet stop vir fotos maar kom net nie sover nie. Afklouter, handskoene uit. Kode insit want foon herken my nie met helmet op nie. Foto neem. Alles bêre. Handskoene aan. Opklouter. Sit kry…..
Ek sukkel maar aan.
Die alternatief is te vreesaanjaend om aan te dink.
120km teerpad.
Die XR is n champ, hy ploe net aan.
Ons is op dieselfde bladsy, ons gaan nie neerdonner vandag nie.
Kort voor lank vrees ek nie meer die sandjies (te erg nie) kyk net vir klippe en gate.
Gemiddelde spoed darem bietjie op.
Op n stadium hoor ek sulke snaakse geluitjies.
Soos n klein hondjie wat op die bed wil lê maar nie kan opspring nie. Dis nie iets op die bike nie.
Na n tyd besef ek dis al die tyd my beskermengel wat sukkel om by te bly!
Die pad raak beter.
Die weer raak erger.
Ek weet nie hoe laat dit is nie my horlosie sit onder my baadjie se mou.
Maar dis koud!
Dalk skryf jy, of het al rubrieke vir tydskrifte geskrywe….. indien nie, gaan daarvoor……jy klink vir my soos ons eie WD Dana Snyman 👌🏻😀
 
Dankie Helenus. Dis n komplement, ek het die regtig die gedult om lank genoeg stil te sit om iets ordentliks aanmekaar te slaan nie!
 
Lekker trip Blikeiers, dankie vir die deel.(y)
Dankie Chris. Jy het my ontsettend baie gehelp met die roete! Jou whatsapps was baie welkom. En ek sien wat jy gedoen het met Blikeiers 🤣🤣🤣. Ek het nog nie gekyk hoe ver dit was nie maar dit was n lang dag se ry!
Ek het n ruk terug met die reen in die Karoo die Merveville pad gery. Ene modder en onder water, nog nooit so iets beleef nie. Kon nie deurkom na Loxton toe nie. Moes weer Laingsburg terug ry Beafort toe. 220 km draai as ek reg onthou. Dink jy het die regte keuse gemaak. Jou trip herinner my aan hoekom ek n fair weather biker is.
Ek sal nooit weet hoe erg daardie pad gister was nie.
Maar ek weet hoe erg die N1 gister was, en ek weet hoekom ek liewer die grondpaaie ry, ek en my XR moet maar liewer van die hoofweë af bly!
Jy het weer n lekker bike vir hoofweë!
 
Last edited:
Joh!! Omtrent n adventure en jy kan dit so goed beskryf dat ek sommer self bang en koud gekry het en my bril moes gaan afspoel het :oops::)
 
Jis die was nou lekker om te lees. Die pix en plekke is so mooi.

Ek onthou so goed hoe nodig tyd op die bike is om kop skoon te kry. Self dele van dai areas wat jy genoem het gery in 2015 toe GI JANE my lewe gered het.

Sterkte met jou dinge.
 
Top