Where has your bike taken you today?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
My wet ride this morning
1703601917381.jpeg

1703602047179.jpeg

1703602462528.jpeg
 
Daarmee stem ek saam. Ons is tans in Hogsback... Nat en koud.😁
Wat maak 'n mens in Hogsback, Rob? Stayed there a couple of days on a 4700 km bike trip with wifey, and if it weren't for the Visarende taking us on some scenic routes in the region, we could have died of boredom... :giggle:

Doing Michel's Pass two-up, with loaded bike, wasn't boring though. 😁

Enjoy your holidays! 🎅
 
Wou net sê, gaan doen Michell's Pas en dan sommer Katbergpas, dis opwindend. 😁

Ek kan ander plekke voorstel soos ou Piet Retief se huis op die Post Retief se pad, Mfofu reservaat en dan Fort Fordyce, als mahala, gaan jou net petrol kos. Lekker geskiedenis in daai omgewing. 👌
 
Sal laaik van weer in daai area rondry! :love:
 
Jan Tuisbly se motorfietsie het vanoggend nostalgies geraak en na n vriend se verlate plaas toe gery. Hy bly nou op die dorp.
Daarna na Malgas se NG Kerkie gaan kyk. Alles word steeds baie netjies in stand gehou.
My kinders was hier op Sondagskool.
IMG_8353.jpeg
IMG_8354.jpeg

Ons het op die dorp gebly maar by Malgas kerk gegaan want daar was net eenmaal n maand kerk en Sondagskool!
Goeie voorbeeld vir my kinders gewees ekke.
Dit was n heeldag storie want dis ver, die pad is sleg en daarna is daar tot laataand toe iewers gekuier en gebraai.
Lekker tye gewees.

Daarna het ek oor die pond Witsand toe gery. Daar was dit baie winderig en besig.
 
Last edited:
Ons het op die dorp gebly maar by Malgas kerk gegaan want daar was net eenmaal n maand kerk en Sondagskool!

Dis nou spesiaal om kerk so ver van huis te ondersteun!! Sou die dominee vanaf CCK gekom het een maal n maand?
 
Ja Chris Swellendam se dominees het beurte gemaak. Om die waarheid te sê hulle doen dit nou nog.
Daar was net die een dominee wat geweier het om daai pad met sy karretjie aan te durf.
Ek het hom altyd moes dodge want as hy saam gery het was die after paarty natuurlik neusie verby.

Die sms’e het saterdag al begin oor wat die planne is en of dit dalk in die wiele gery gaan word.
 
Last edited:
Daar was net die een dominee wat geweier het om daai pad met sy karretjie aan te durf.

Hoop nie dit was dominee Danie hyt nie gelyk na n ou wat hom sou ophou met n nagmaal after party besigheid!! 😜
:p
 
Top