Dankie Kobus. Ja, ek kan nou voel hoe voel jy. Die fiets is verkoop, wag net op betaling. Soms is die regte ding om te doen, nie altyd die maklike ding nie. Maar so ken ons die lewe al. Vir nou staan hy nog hier in die waenhuis en kan ek so elke dan en wan hom nog beloer. Môre is weer nog 'n dag.
It would be lekker if we could afford toys like this when we are young and have time Fuzzy. I have a tentative offer on the bike and really hope it goes quickly so the separation isn't drawn out.:cry: Almost like pulling a plaster off your chest hairs.:p
Gaan baie goed dankie Grunder. Erg bedrywig met die lamseisoen nou. My graf sal seker effe breër moet wees dat hulle die Bushlander langs my kan inspit. :cool:
Ek het laas al my fiets goeters verkoop toe ek my 800GS verkoop het. Moes toe weer ten duurste als bymekaarmaak. Ek gaan nie weer daai fout maak nie Danie. Al gebruik ek dit op die Bushlandertjie.
Ja ou Chris, soms wonder ek ook. Maar ek geniet my bokke té veel. Dis nou lamtyd en dis vir my LEKKER in hoofletters. Môre kom reën dit vir 3 dae hoor ek. Niks is só lekker nie.