11 Passe toertjie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,501
Reaction score
149
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ek is relatief nuut op die forum maar ry al 'n tydjie.

So rukkie terug gesien daar is 'n 9 passe bike toer.

Het toe besluit om dit so bietjie te modify en saam met 'n paar pelle sommer ons eie passe toer te hou.

Ons gaan 11 passe ry. Als gaan ongelukkig teer wees aangesien my swaer met 'n 500cc scooter ry(moenie worry nie ons soek vir hom 'n Africa Twin).

Ons ontmoet mekaar Saterdag ogg 16 November 6:30 in Stellenbosch, vat gou koffie by Mcds en dan is dit Helshoogte, Du Toitskloof in die rigting van Worcester, Slanghoek, deur Bainskloof oor na Wellington. Dan Nuwekloof pas buite Tulbagh, Michellspas buite Ceres en dan sluit ons die Saterdag af met Gydo en slap die aand in Dennebos in Ceres oor.

Sondag oggend gaan ons Theronsberg oor, Deur Die Venster na die N1, Hexrivier pas af tot onder en dan weer op, regs na Montagu, Rooihoogte pas, Burgerspas en dan Kogmanskloof pas na Robertson waar ons verseker by Bourbon Street eers ietsie gaan kou.

Ons beplan om volgende jaar al die passe in die Wes-Kaap te ry. Grond en teer!!
 

Latest posts

Top