3 in 1 vraag: Trax vs Globescout, selfoonlaai & navigasie opsies

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Charlie600

Pack Dog
Joined
Feb 3, 2014
Messages
217
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS Adventure
Goeiemore almal,

Ek kry die komende week my LC GSA en is in die proses om die laaste paar ekstras te finaliseer. Ek het rondgesnuffel en my finale kortlys bestaan nou uit die Globescout & Trax topbox & pannier stelle onderskeidelik.

Globescout is duurder maar die vakmanskap lyk fantasties in terme van die allooi gedeeltes rondom die rand in vergelyking met die Trax se plastiek kante ens - enige opinies sowel as addisionele aspekte waarvoor ek moet uitkyk sal dus hoog op die prys gestel word. Ek was altyd op superbikes en die DS avontuur is die begin van 'n nuwe hoofstuk in my bike-ry lewe.  :ricky:

Tweedens, hoe word jul selfone gelaai wanneer jul toer (afgesien van by 'n gastehuis ens) - ek wil graag ook 'n keer of wat die behoorlike kamp opsie probeer maar sal wel ook sporadies vir Swambo moet laat weet dat ek nog 100% en in 1 stuk is.  :pot:

Dan laastens, ek het na die Navigator v gekyk en hy lyk voortreflik, veral gegewe die feit dat ek hom via my handlebar draaiknop kan inspan omrede die fiets alreeds reg is vir dit - is daar egter enige ander kwaliteit opsies wat jul sal voorstel?

Byvoorbaat dankie vir julle almal se (rasionele sowel as irrasionele) insette en bydraes - ek sien sommer baie daarna uit om my mede WD lede te ontmoet, hetsy via 'n breakfast run of behoorlike toer!

 
Top