4 Uithoeke toer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 17, 2009
Messages
182
Reaction score
12
Location
Centurion
Bike
BMW R1200GS Adventure
Pontdrif
IMG_2987_zps024d3222.jpg

Kosibaai
3B437DA5-9FDE-4F5D-9620-04C8AF14E9AC-3048-000005C203E29461_zpsf3205405.jpg

Alexanderbaai
IMG_3064_zpsc0ac55bf.jpg

Kaap Agulhas
BCA91162-9202-45DA-89C4-BB5A1A9E0B0B-3048-000005B853408C7D_zps7e9a797a.jpg


7429 km in 14 dae
497 liter petrol
Gem spoed:106 km/ uur
Brandstof verbruik: 6,6 l/100km
Begin: 14 Desember 2012-Pontdrif, toe Kosibaai, huistoe vir kersfees, 26 e na Upington, Alexanderbaai, Langebaan, Agulhas, Knysna, Gonubie, Port Shepstone, Centurion die 3 e Jan 2013
 
Lekker, en die regte fiets om dit mee te doen!  :thumleft:

Nog foties asseblief...  :)

(Wat seg die plakkertjie op die nommerplaat?)
 
Gooi petrol in die eerste keer om die datum en tydstempel te kry om te kwalifiseer vir die Pta BMW Klub se " Extreme rides" goue toekenning
Jy moet die 4 uithoeke binne 21 dae besoek

IMG_2976_zpsf97e9f69.jpg


Oppad Pontdrif toe het ek en SWAMBO by Bandolierskop gestop vir die lekkerste hamburger nog
IMG_2982_zps55c8f31f.jpg
 
Mapungubwe
IMG_2988_zpse9388bca.jpg


The Straight and narrow oppad Pontdrif toe
IMG_2984_zps5343b3ef.jpg


Dit was 40 grade C op die fiets die dag

Na Pontdrif het ons terug Musina toe gery om by Tshepise oor te slaap
 
Reën katte en honde in Graskop
IMG_2995_zpsa05fd220.jpg


GT word n GS
Parkeer op FNB se stoep
IMG_2997_zps30e7308e.jpg


Bly oor in Witrivier by n varsity vriend en sy vrou- Dewald en Kobie ( hy praat van n motorfiets as n apparaat)
3F45136D-8CDB-452E-88B6-033CE749E4EF-441-0000005206542941_zps6eb1438e.jpg

 
VNa Tshipise is ons Tzaneen toe, oor die Abel Erasmus pas, Blydepoort, Graskop Hazyview vir n oornag stop op Witrivier



Hendrik Verwoerd tonnel



IMG_2993_zpsc36d8223.jpg


Gelukkig het ons in Graskop aangekom toe dit nog gedrup het, maar minute later toe sous dit. EK het net betyds die fiets op ENB se stoep gestop.
Die dag het ons temperatuur beleef van 40 Grade C tot 18 Grade C in 3 ure.
 
Oppad Piet Retief toe ry ons by Chrissiesmeer se afdraai verby- nog 35 km aan. Ons besluit om aan te ry. Nog nooit die plek gesien nie. Drink koffie en eet tuisgemaakte melktert by die koffieplek.


Chrissiesmeer- Die paddaplek
IMG_3001_zps0463a560.jpg


IMG_3004_zps9c4a5493.jpg

Ek gee ook om vir parras

9EF5276C-ED47-4377-9A37-7DB7752B2C2D-3048-000005C266731326_zpscaa637b0.jpg



ECBAFD23-2966-45AE-B570-4788AE31EBE6-441-0000005A133261DE_zpsc26094c7.jpg
 
Oorgeslaap in Pongola by die Pongola Lodge
Baie mooi grasdak Lodge op die rand van die dorp.
Pongola is maar ietwat verwaarloos. Deur die dorp geloop en die vervallenheid ervaar.
Die buiteklub is amper net 4 mure. Dit is n skande hoe die huidige stadsvaders die plekke deur hulle gatte trek.
8D4B4620-EDBA-4721-B1FB-BEA17D4CB296-3048-000005C27F657D29_zpsd29e1f20.jpg


Pongola damwal
87CAD623-B602-4D43-81FD-E007AEC7FA3D-3048-000005C2978E4B6E_zpsaa48a9ae.jpg

Besproeings vliegtuig buite Pongola- lyk so lekker, amper lekkerder as motorfietsry  :imaposer:

IMG_3012_zps2a585e13.jpg
 
Giel Cillié said:
Sticker op die nommerplaat- paar bob betaal in die Weskaap! :pottytrain5:

haha! Ja, hier onder werk party dinge nog reg!  ;D Maar ek kan my goed indink dis nogals moeilik om die regterhand in toom te hou met so ryding, so die stickertjie het sekerlik al meer gespaar as wat die Kaperaars geneem het.

Mooi fotos verder, sien uit na res van die trippie se stories.

Giel Cillié said:
Pongola is maar ietwat verwaarloos. Deur die dorp geloop en die vervallenheid ervaar.
Die buiteklub is amper net 4 mure. Dit is n skande hoe die huidige stadsvaders die plekke deur hulle gatte trek.

Ongelukkig is dit die platteland se voorland... Sien dit in my tuisdorp ook so, dis iets wat in die 80s met verstedeliking (urbanisation) begin het, en net verdere momentum gekry het. Tragies...  :(
 
Wat lekker is van so n lang motorfietsrit is die "belewing" van die natuur, medemens en net dit om jou.
Soos die miniatuur huisie wat weggesteek is onder die bome en bosse by die Josini damwal
47DB02E6-B938-421F-9518-C6E486F4BD41-3048-000005C2A590C3D0_zpse1620726.jpg


Die dorp Josini is n totale gemors. Die taxis, vragmotors, mense met kopdoeke en selfone teen die oor wat probeer 320 BMW's of 220 Mercedes ry is n nagmerrie, jy moet 360 grade  visie hê om die aanslae af te weer.
IMG_3018_zps779eca6b.jpg
 
Na Pongola en Josini en die pad van Josini na Kosibaai het ons oorgeslaap in Piet Retief.
Was lus vir rooi wyn en koop toe n lekker KWV by die drankwinkel in Piet Retief
met die gedagte om Nando's deur te werk die aand saam met n lekker wyn.Wel ek het n vet verrassing gekry- Nando's in Piet Retief se eienaar reken dit is n Halaal restaurant en my bottel wyn is nie welkom nie.Wat my drink gewoontes met hom uit te waai het, nie dat ek nie sy geloof respekteer nie, maar as n man lus is vir rooiwyn is hy lus.Wel stem toe met my voete en vat die pad na die Spur toe (Familie restaurant), waar my wyn welkom was en dit is gawe mense om mee sake te doen.
Die 21e terug Centurion toe vir skooonma se verjaarsdag en Kersfees. Die fiets moes ook 'TLC" by Bavarian kry en ook nuwe Nikes vir die lang gedeelte na die 25e.
Nou was 50 % van die bakens besoek, maar nog net 25 % van die km.

Bali Biasa gastehuis in Piet Retief waar mede landsburgers dink dit is aan die orde van die dag om handsakke vol muffens uit te dra- later in die toer het ons by  etlikke gastehuise tekens in die eetkamers gekry' NO TAKE AWAYS" waar is die opvoeding en die maniere- wens Angie wil ingryp
IMG_3008_zps66a9b12e.jpg
 
Eendag wil ek dit ook doen, eendag - lekker so ver  :thumleft:
 
Nadat die 1600 die nodige aandag gekry het, gApsa betaal het en  skoonma verjaar het ,die kalkoen verorber is, en ek n paar dae op "Basekamp" spandeer het om die Pretoria Alexanderbaai, Alexanderbaai-Agulhus roete en die Agulhas  Centurion roete deur die Transkei uit te werk en  in roetes te omskep vir Navigator, het ons die pad gevat die 26e.
Dia ander kwessie van motorfietsry, lang roetes en beperkte spasie, is, wat pak jy in.
Wel PW en seuns het ons ou manne goed opgelei- 1 aan die bas, 1 in die was.
Bande herstel kit, kompressor, noodhulp kit, selfoon, Leatherman en daar waai jy.
Van Centurion is ons op die N14 met die idee om in Kathu oor te slaap. Swambo wil nie verder as 500km per dag ry nie, maar dit is onderhandelbaar, veral as daar nie gastehuise is wat in haar smaak val nie.( Ek bespreek ook nie plek voor die tyd nie). Dit bind jou te veel.
Ventersdorp, Coligny, Biesiesvlei, Vryburg, Kuruman, middag ete in die Spur, Kathu.Dit was so teen half 2 die middag- heeltemal te vroeg vir uitspan.
Olifantshoek word ge-oormerk as die oornag stop. Daar aangekom is daar minder as niks wat in Swambo se smaak val.
Geen ander keuse as om deur te druk Upington toe nie.
Kry toe blyplek in "Infinty" gastehuis reg op die rivier.
Die Oranje Rivier
417FE1A6-C300-4CB1-9FC0-53EBCD78E161-2164-0000040575ABFD45_zps62cf4b18.jpg

G en T op die stoep
E4F3E67D-32CC-4D40-B24A-FBD76302E51E-2164-000004059220B7C9_zps9a1c49bb.jpg

 
Die volgende dag Keimoes, Kakemas, Alheit, en die plan is om Pofadder sous in te gooi.Wel daaraangekom is daar by  die Engen op die hoek nie petrol nie.Dit is nou een ding van in die Noordkaap motorfietsry- totale beheer van die regterhand- anders bevind jy jouself in die moeilikheid- nie die 'Gestapo" of "Arrive Alive" (wies dit) nie, maar petrol moeilikheid. Gelukkig  het die koëperasie "juice", maar die tou wat jy moet inval is nie iets om oor huistoe te skryf nie.Daar aangekom is ons omtrent nommer 6 in die ry, ons trek toe maar ons baadjies uit en die Platte kry haar sit op n stomp, want sien, ons gaan lank wag. 'n Polisie kaptein begin met my gesels en vra uit oor dit en dat en ek noem toe dat ek net 5 l petrol nodig het om tot op Springbok te kom. Die volgende oomblik deel hy instruksies onder die PB's uit, en ek is heel voor in die ry. Natuurlik chaos wat Tony Ehrinreich op floreer, volg toe.
69AE822E-FC26-48CD-BB97-F9A915EB5F84-2164-0000040B14B45916_zpsec7ce6a6.jpg


I.P.V lank in die ry staan is ons 15 minute later oppad Springbok toe.
Die aanvanklike plan was om op Springbok te oornag, maar noudat ons 'n dag gewen het, is die alternatiewe om deur te druk Alexanderbaai toe. Wie wil nou nie by  die see slaap nie!
Op Springbok aangekom is brandstof weer 'n saak. Nie al die stasies het brandstof, en party net 93.  Wel soos daar gesê word "Beggers can't be choosers" moet daar 93 getap word.
Nou, die wat al van Springbok noord gery het weet die pad na Steinkopf het n spoedbeperking van 100 km/h. Nou ja, 'sticker" op die nommerplaat moet sy geld verdien.
Langs die pad is daar vir kilometers n elle lange waterpyplyn wat een of ander nedersetting van water voorsien.
 
Een ding wat my opval soos ons ry is die name van plekke.
Bulletrap, Spoegrivier, Karkams, Plateind, Namies, Nabies, Nous, Houmoed, Holgatpunt, Lekkersing, Lykso, en so kan ek aangaan.
Wel van oppad Pofadder toe het ons gestop in Kakemas by die Pienk padstal
A114C53E-8F9F-4666-8D14-01615679CF25-2164-0000040ACFB2582E_zps4641c88b.jpg

Grafitti op die buitetoilet mure
2CF422AC-0E9D-42EB-B8F1-44CA61BC5CF4-2164-00000409C3020118_zpsf161c222.jpg

D84C9CD5-AA21-4521-88AE-F983509CA5E2-2164-000004099C820828_zps1d276a9d.jpg
 
In Springbok sous gekry by die 3e stasie, middagete geniet en nou is dit Steinkopf, Port Nolloth en Alexanderbaai

Nog mense met "Wanderlust" voor die Familie restaurant in Springbok- hier eet jy n lekker "hammie" vir min

IMG_3061_zps7cc25c73.jpg


In Alexanderbaai eengekom- onthou ons het nie blyplek bespreek nie kom ons by die valhek by die ingang van die myngebied.
Daar is n teken "Aleaxanderbaai gaste huise", ons dink toe groot verskeidenheid, min wetende dat al die gastehuise op die eens vooruitstrewende gehuggie behoort aan Alexkor.
Ons stop toe voor die deur by n plek wat lyk soos ontvangs. Doodstil. Dit is nou die 27 en die delwers hou mos ook vakansie.
Hier kom n man aangestap- julle verstaan- as jy motorfiets ry en jy kom by so n verlate plek aan wil al wat leef jou uitvrae oor jou doen en late.

Gastehuise in Alexanderbaai
2CD0CFB9-4A57-4C1A-80F5-C0AE22009D1A-2189-0000040D93658517_zps8bdb6d4b.jpg


Die weldoener is toe n mediese dokter wat in die vakansietyd op roep is om na die diamant duikers se welstand om te sien. Daar mag blykbaar nie geduik word as daar nie n duik medic beskikbaar is nie. Hy ken toe die regte man met die nodige sleutels om vir ons die "Gastehuise"  oop te sluit. Vir R 470 het ons n 12 slaapkamer gastehuis met kombuis ens. Maar dit help ons niks.
Al winkel op die "dorp" is n Sentra,  maar die vleis wat jy daar kan koop om te braai, sal maak dat Discovery summier jou "cholesterol" dekking kanseleer.
Wel ons moet iets pik die aand. Koop toe twee broodrolle, kaas en tamatie, en ons het elkeen n nippie whiskey en Gin ingepak. Dit was toe aandete.
Lekker geslaap en die volgende oogend opgepak en Port Nolloth toe gery vir ontbyt.
 
Top