9 DAY ROUN-TRIP UP TO RIEMVASMAAK(KALAHARI) AND BACK

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Great videos,lekker om te kan hoor wat die engine doen.
Mens kan nie sien hoe steil daai sementpaadjie is maar as ek na engine luister moet dit erg steil wees.
Track vir hierdie roete??
 
Ja nice videos, man! Daai sement paadjie kan seker maar doen met bietjie onderhoud, maar dan sal dit ook nie so cool roete wees nie, nê ;D
 
Ons wil self bietjie in daai area gaan ry, kan iemand my se waar presies is die 'suicide route'?  ek verpes sinkplaat en mag dalk my polse af kou as ek 125km daarvan moet doen.
 
m0lt3n said:
Ons wil self bietjie in daai area gaan ry, kan iemand my se waar presies is die 'suicide route'?  ek verpes sinkplaat en mag dalk my polse af kou as ek 125km daarvan moet doen.
Die rooi roete moet verkieslik vermy word.  Ek het hom ingery en het permanente skade, kry nou nog nagmerries.  :biggrin:

Die groen roete is nie beter nie, net baie korter (20km) sinkplaat en natuurlik baie meer scenic.  Ons het hom uitgery.

Daai bietjie sinkplaat is die moeite werd.  :thumleft:
 
Attachments

  • riemvasmaak1.png
    riemvasmaak1.png
    147.2 KB
daai groen roete is soos gese die beste, as ek nie vir die locals geluister het nie,het ek daai roete weer met terugkom gery, luister toe mos na ander en soos gese,daai rooi roete is erger as hel,dis hel op sterroids en skud elke bietjie deel van jou bike poer in sy moer
 
OOOO ek het amper na verkeerde riemvasmaak toe gery. Ek sal n thread in planning a ride maak, groot asb loer daar en gee insette?
Ek gaan dan sommer rondom daai kaart ook werk van Mnr Vis Arend, Google maps help niks en basecamp het ek nog nie onder die knie nie...
 
Ek boer 25km buite Kakamas op daai "rooi roete".  Hy is donners sleg ja, maar ons moet maar so op hom operate. Is darem nie heeltemal suicide nie maar hys sleg ja. Ekt al self 'n paar nuwe onderbroeke moes koop met my 800 op daai pad...

Heeltemal reg, die groen roete is die scenic een. Daai is my sondag oggend weg glip roete. Konrad - well done om met 1200ADV en vroulief daar deur te ry  :thumleft:

Molt3n as jy info soek praat gerus met my. Kan jou paaie hier wys wat jou 'n dag of 3 kan besig hou.

Cheers
Charl
 
Cdp13 said:

Charl, daar is 'n wynboer wat net so buite Kakamas, nog voor daai grondpad, wyn maak.  Ek dink hy het verduidelik sy plek is net so oor die trein spoor aan die regter kant.  Hy het een of ander gestermdheid en kan nie normale fietse ry nie.  Hy het baie belang gestel in die BMW met die sidecar en uitgevra oor die bedryf.  Ek moes met die terugkomslag 'n draai by hom maak maar het nie kans gesien vir daai k@k pad terug nie en eerder die groen roete uit gevat.  Ek voel sleg dat ek nie 'n draai by die ou gemaak het nie.  Jy weet nie dalk wie dit is nie? 

Sorry vir die hijack konrad. 
 
charl ek dink jy sal saamstem,wat daai rooi roete so erg maak,is ,sodrae jy 60km/h slaan dan begin daai voorwiel surf op die los gruis en jou onderbroek begin sulke bruin kolle uitslaan,want terwyl die voorwiel sy pad soek,maak die agterwiel ook sy eie ding,en dit is met eas en abs af.ek dink as jy daai megafters moet aanlos,sal jy jou gat dubbel en dwars sien.die dag wat ons die rooi gery het,moes ek nog die baie trokke dodge wat jaag van voor en agter af en hulle het nie tyd vir n twee wiel wat try survive op daai pad van survival.
die groenj roete het n strook sinkplaat wat erger is as die ergste wat ek nog gery het,maar as jy daar deur is en jy lewe nog,dan is die res n moerse nice adventure pad
 
Ja Vis Arend. Ken hom baie goed. Dit is Kallie van der Westhuizen, a.k.a. Kallie Wolf noem almal hierso hom. Ek en sy seuns goeie pelle en ry gereeld saam. Hy het 1200ADV gehad, maar het sowat 5 jaar gelede ernstig siek geraak (dink soortgelyke ding as wat Joost het). Basies verlam geraak. Hartseer storie eintlik. Maar na baie jare se physio werk kan hy vandag weer loop en eintlik weer normaal funksioneer. Hy boer nou op 'n golf-karretjie. Maar is nog bietjie te swak om weer op daai 1200 se rug te spring. So dit maak sin dat hy sou belangstel in die sidecar. 

In elkgeval PM my as ek dalk vir jou sy email adres of iets moet kry.
 
konrad said:

Hahaha ja hys is baie los. Met lekker middelmannetjies en party kolle wat skielik net sand is en jou onverwags vang.

Desember maand loop hier verskriklik baie trokke (einste koelkaste wat jy gekry het) wat druiwe Kaapse hawe toe ry. So Des/Jan is die pad op sy ergste. So weereens welldone :thumleft:

Nou kan jy dink, elke korrel kunsmis of meter pyp of draad, letterlik elke inset wat ons het moet oor daai pad vervoer word...

Die groen roete soos jy te reg se is moerse lekker pad vir adventure bike. Hier is nog 'n hele paar sulke paaie waarvan mense nie eens eintlik bewus is nie. Ek sou net voorstel jy kom volgende keer in die wintermaande, dan ry ek graag saam :ricky:
 
gaan jou op daai een opvat charl re afkom en dan ry ons saam
 
charl as jy gaan kyk op my post,die eerste video is van die groen roete . ek net dit kort ge-edit,maar daai sinkplaat van die hel is moer lank en skud als in sy kanon :):):):0
 
Cdp13 said:
Ja Vis Arend. Ken hom baie goed. Dit is Kallie van der Westhuizen, a.k.a. Kallie Wolf noem almal hierso hom. Ek en sy seuns goeie pelle en ry gereeld saam. Hy het 1200ADV gehad, maar het sowat 5 jaar gelede ernstig siek geraak (dink soortgelyke ding as wat Joost het). Basies verlam geraak. Hartseer storie eintlik. Maar na baie jare se physio werk kan hy vandag weer loop en eintlik weer normaal funksioneer. Hy boer nou op 'n golf-karretjie. Maar is nog bietjie te swak om weer op daai 1200 se rug te spring. So dit maak sin dat hy sou belangstel in die sidecar. 

In elkgeval PM my as ek dalk vir jou sy email adres of iets moet kry.

Baie dankie, jy het pm.  :thumleft:
 
Top