By the light of the silvery moon (of is ons net met die maan gepla ?!)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Baie dankie vir die saamry op n besonderse trippie!
En daarby 'n Tripreport uit die hart!
Ek het al enkele kere (per ongeluk) grondpad gery in die nag, en ek onthou hulle goed.
Daar is iets besonders aan die atmosfeer so in die donker op 'n grondpad.
My een nagtrip wat bo almal uitstaan was teen die end van 'n solo trip, laatnag met te min petrol tussen Bedford en Tarkastad, al langs die Baviaansrivier.
Vir die wat belangstel: http://mrcap-archive.bmwclubs.africa/mrcap-archive/bright-ride-dark.html
 
Dit is 'n baie mooi RR, baie dankie dat jy ons laat saamry.
Vir my is Afrika die mooiste en mees interesantste tussen een uur voor sononder en twee ure naa sonop. Deur die dag maak die son die kleure baie "plat". En die geluide word beter waargeneem as jou oe nie die hoofbron van inligting is nie.
Ek bly maar versigtig met ry in die nag, maar spoed is die sleutel vir veilig ry as jy nie goed sien nie.

Dankie en groete, G
 
Top