Die Hel - dis n vraag oor tyd - help asseblief.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

LeonDude

Bachelor Dog
Joined
Sep 26, 2007
Messages
10,493
Reaction score
532
Location
Gauteng - Centurion
Bike
Suzuki DR650
Hallo mense

Ek soek alweer bietjie raad.

Ek gaan mos op n lang toer na die bash toe, en gaan n draai in Die Hel maak, maar die ry – tyd van Die Hel pla my so bietjie, nou wil ek maar hoor van mense wat dit al gedoen het.

Hier is my huidige plan.
Ek slaap die aand op Willowmore. Die volgende dag ry ek Hel toe, nie te ver nie, maar soveel grondpad as moontlik.
Dis so 232 kilometer, en ek hoor dit vat so 3 ure om in Die Hel in te ry as mens baie kiekies neem, en ek gaan baie kiekies neem.
My probleem is dat ek die volgende dag na Carnarvon toe moet ry, en dis baie lang grondpad, en ek het geen idee van die toestand van die pad nie. Die stuk Carnarvon toe is 382 Km.
As dit my 3 ure neem om uit Die Hel uit te kom, gaan ek moet wikkel op pad Carnarvon toe, en ek ry mos eintlik stadig, veral omdat ek solo gaan wees.

Nou dink ek.
Miskien moet ek die eerste dag van Willowmore ry, Die Hel besoek maar dan dieselfde dag al uit Die Hel uitry, en die aand op Prins Albert oorslaap. Dit maak nie die trip na Carnarvon toe baie korter in afstand nie, maar wel 3 ure korter omdat ek nie uit die Hel uit hoef te ry nie.

Wat dink julle. Moet ek liewer in Die Hel slaap omdat dit n experience is, of moet ek in en uit, en die tyd spaar vir die trip Carnarvon toe?

Ag help asseblief!
Dankie
Leon
Oops, sorry ek het afrikaans getik.
 

Latest posts

Top