Dorsland Trek Tankwa se kant toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
12,345
Reaction score
3,971
Location
Nie van hier nie
Bike
Honda CRF 300L
Kom, waar is al die gatskuurders vannie Weskaap?

Ek beplan bietjie 'n Dorsland Trek daar Tankwa se kant toe voor die einde van die jaar.  Behalwe vir 'n trippie hier in 1992 se kant wat meestal teerpad geloop het, was ek nog nooit daar nie.  Te danke aan ChrisL, Veldie en 'n paar ander ouens het ek 'n redelike idee van my roete. Maar toe ek nou die aand Basecamp so bietjie sit en bestudeer, begin my agterent te jeuk en ek dog toe vir myselwers, ek wil my maat van 3 SAI se dae daar in Stellenberg gaan groet. Daarom soek ek 'n paar voorstelle vannie Dawgskwat manne asamblief.

Ek wil die Trek nie doodbeplan nie, maar my roete loop min of meer so:

Dag 1: Graaff-Reinet - Merweville: 390km
Dag 2: Merweville - Calvinia: 265 km
Dag 3: Calvinia - Cedarberg Oasis via Tankwa: 187 km
Dag 4: Ek soek 'n lekker roete van die Oasis Stellenberg/Bellville se kant toe.  Kan maar teer insluit maar hou in gedagte ek is solo op die 800GSA en het nie 'n plaashek remote wat saamry nie  ;D
Dag 5: Kuier by my mater
Dag 6: Stellenberg - Koedoeskloof: roete voorstel asseblief
Dag 7: Koedoeskloof - Graaff-Reinet se kant toe via Seweweekspoort.  As ek die kaart so loer is daar nie 'n deurpad van die pas af GR se kant toe nie?  Ek sal tussen Veldie se plek en GR weer erens wil oorslaap, so gooi maar 'n paar voorstelle asseblief ouens.
Dag 8: Huistoe kaptein

Ek sien uit na julle voorstelle.  :thumleft:

 
Top