So die plan was om Vrydag oggend 7uur by nObOdy se huis bymekaar te kom en van daaraf te ry. Dit was ten minste die plan…
3 uit die 4 van ons groep het problem gehad en ons kon nie 7uur ry nie. Daskop se battery het besluit om te kalf, nObOdy moes dringend werk klaarmaak en NormanG moes plaas bakkie se starter motor gaan koop en regmaak. Maar so het die noodlot besluit dat ons eers so omtrent 10h30 ry uit 'n nat koue PE. Hier is so paar foto's van ons groep se Bash :ricky:
Reg om te ry.... of is ons
Net soos ons weg kom uit PE en wegdraai Na Hankey/Patensie trek die wolke weg en die reen val nie meer nie.
Stop by Spar in Patensie
Weer stop bo by Berg plaas. Gou vir SWAMBO laat weet alles klop nog dissel boom... :ricky:
Hier begin die fun en games. Smitskraal… Hele paar bikes het deergekom terwyl ons rustig wors gebraai het en iets koud geneem het :3some:
Lekker verder gery, maar nie veel foto’s daarvan nie. So paar random foto’s van Saterdag:
Daskop en Beagle Boy
My "Laphuis"
Lekker geselskap :thumleft:
nObOdy en NormanG
Paar van die PE honde:
Random
Vanaand gaan ons honger ly my mens :drif: :drif: :drif:
Die skills challenge
Ja...die ou lewe...
Sondag oggend was dit effens koel? NEEE dit was f...fff….flippen baie koud man :dousing: :deal:
Eers koffie en dip 'n ouma :thumleft:
Moet ons genuine al vandag huis toe gaan
atch:
Oh well…dan moet ons seker maar op slaan :xxbah:
Sondag weereens by Smitskraal, na almal van ons dit veilig deer die water gemaak het :ricky:
Altyd tyd vir koue enetjie :biggrin:
Die Beagles maak dit ook darem veilig deer die water.
Die Bash was great gewees. Ek moet dankie se vir die manne in ons groep, nObOdy, Daskop en NormanG, julle ouens is nou sommer rerig lekker pelle...gehoor :3some:
Wanne is ons volgende bike trippie :sip: