Ek is KTM-mal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

user 7319

Puppy
Joined
Jun 8, 2010
Messages
24
Reaction score
0
Dagse manne en Dames,

Ek is KTM-mal (en vinnig besig om bonkrot te raak) aan al die motorfiets koop en tyd spandeer op die stokperdjie wat so min van ons die voorreg het om te geniet.  Ek is bevoorreg om 'n versamelaars Honda CB750F, 'n KTM RC8, KTM 990 Adventure en Kawasaki KLX450R te besit.  Ek het al tyd op die site spandeer as 'n "visitor", en van die dual purpose geleenthede bygewoon in ons mooi land.  Sien uit om my eerste Wilddog event te doen en meer lede te ontmoet.

Verder is ek 'n stoere Cheetah ondersteuner (oud Vrystater) alhoewel ek weens werk tans in Mpumalanga bly.  Vir die volgende maand gaan ek regtig probeer sokker verstaan en sal 'n goeie Bafana-Bafana ondersteuner probeer wees - weet nog nie of ek werklik kans sien om 'n sokker wdstryd by te woon - die vuvuzela ding doen dit net nie vir my nie, gee my eerder 'n hordes KTM raserige pype.

Dis al.
 

Latest posts

Top