AJZ
Pack Dog
Hallo almal ek woon in Bonnievale ja dis 'n klein dorpie so ek soek raad.
Ek het 'n oom vriend wat lam is en hy en sy vrou woon op 'n plaas so 5 km buite die dorp. Hy ry met 'n Kymco 300 4 wiel wat op die pad is met lisensie en nommerplaat en alles wat moet aan wees is in plek.
Hy ry tot by spar haal sy rolstoel af en gaan doen sy inkoppies hy jaag nie in die dorp rond nie. Hy werk so nou en dan om hom besig te hou en om 'n geldjie te verdien nou mag hy dit ook nie meer doen nie.
Die verkeer het hom gestop hy mag nie meer op die teerpad ry nie hy mag nie meer sy eie brood en melk koop of enige iets wat hy nodig het nie. Hy mag nie meer in die dorp ry nie. Die verkeer se hy het seker pelle wat elke dag vir hom brood en melk plaas toe kan bring.
Het enige iemand dalk raad hoe ek of almal hier die oom kan help sodat hy weer sy eie brood kan koop? Wat kan ek /ons doen om weer op die pad kan kry?Help asseblief