Garmin Nuvi op bikes?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jul 27, 2010
Messages
5,613
Reaction score
781
Location
Blouberg, Cape Town
Bike
KTM 890 Adventure R
Kyk, ek is al deur GPS'e. Seker al 5 of 6. Een is gesteel, een het 'n Tbone nie oorleef nie en die huidige Garmin Nuvi 710 se touchscreen wil nou finaal nie meer werk nie. So dit help nie om baie geld op 'n GPS uit te gee nie.
Is dit die geld werd om 'n Zumo te koop? Ek weet nie. Die 500 se ou tegnologie is al lank in die tand en is nie 'n opsie nie.
Die Garmin Nuvi reeks is goeie GPSe, maar is hulle geskik vir motorfietse? My grootste bekommernis is vibrasie - sal die skud van grondpaaie hulle nie onder kry nie?
RAM mounts hou die GPS in plek en 'n Ziplock sakkie hou die GPS stof en watervry.
'n Nuvi 215W doen tans diens en ek het sopas 'n Garmin Nuvi 2595 5" aangeskaf. Groot skerm wys baie info en knoppies is groot vir handskoene. Ek gebruik dit in die kar ook en die baie features is wonderlik.
Maar sal 'n Nuvi 2*95 hou op 'n motorfiets?
 

Attachments

  • Garmin_nuvi_2595LMT_2.jpg
    Garmin_nuvi_2595LMT_2.jpg
    56.6 KB · Views: 138
  • 8808056nos.jpg
    8808056nos.jpg
    132.5 KB · Views: 143
Top