Daar is iets in die eenvoud van 'n klein fiets op 'n grondpad

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Opryg, as dit hoe stewels is.
Moenie vir jou slim hou nie, Jongman.
Jy smeek vir n loesing
(Mooi woord....loesing)
Afrikaans het darem mooi beskywende woorde. Maat van myne daar by Bethulie praat nou die dag van die aansiterigheid van saalperdtelers (hy is self 'n bekende in daai sirkels). Hy noem toe sommer die een ou 'n pierrewaaier. Woord wat ek bitter lanklaas gehoor het.
 
Wie van die jongeres weet wat beteken.....

Karmenaadjie (nee sies man niks met Karmen Elektra te doen nie)

Kapoesie (siesa, weereens, julle klomp vuilgatte)

Poespas (nee niks met Army te doen nie, sies man)

Issiegrimmig (maklik)

Vinkel en Koljander
 
Nogal funny.
 

Attachments

  • 8bc48a55-72ca-4f30-aa4b-eb4a83f873c7.jpeg
    8bc48a55-72ca-4f30-aa4b-eb4a83f873c7.jpeg
    104 KB · Views: 0
Dink hy's 2004?

Skerm kom al jare saam, gen 1 BMW 650Dakar s'n. Hy was al op my 1150gs ook gewees😄

Werk baie lekker
 
Wie van die jongeres weet wat beteken.....

Karmenaadjie (nee sies man niks met Karmen Elektra te doen nie)

Kapoesie (siesa, weereens, julle klomp vuilgatte)

Poespas (nee niks met Army te doen nie, sies man)

Issiegrimmig (maklik)

Vinkel en Koljander
Fanus Rautenbach is geskors van die radio oor 'kapoesie'.. ek was die oggend vroeg op die N1 oppad vanaf Pretoria na Pietersburg to die storie opkom, net so na 05H00..
 
Kyk, enige ou wat half kaalgat tussen Upington en Brandvlei op 'n fiets kan ry sonder om sy nerwe af te brand, kan maar krieket sonder 'n boks ook speel. :p Dankie @Frikadella. Enigste probleem is nou soek 'n kort ryboetse en lees resensies en watnog. Nou lees ek al die bloeddorstige stories van ouens wat hulle voete en enkels en tone en knieë afgeval het en 32 maande geneem het net om uit die bed uit op te staan om te gaan pee. Nou bedink ek weer my bravado van vroeër in die fred. :unsure:

My gevoel bly nogsteeds dat – soos ek ry – sal ek redelik veilig wees om met kort boetse te ry.
Ons trek al lankal nie meer soos robocop aan nie en ry al 'n geruime tyd met kort Forma bootse. Dit is seker moontlik dat die ergste kan gebeur, maar gelukkig is nie ek of Louis "maar wat as ...." mense nie. My grootste bekommernis in die lewe is "wat as ek dood gaan voordat ek klaar GELEWE het?" Daar is nie meer plek in ons lewe vir onnodige dinge nie.
 
Top