Goeie dag aan almal

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Outdoorsman

Pack Dog
Joined
Jul 22, 2013
Messages
469
Reaction score
1
Location
Boksburg
Bike
BMW R1200GS
Waar om te begin, ek het vandag my eerste pad fiets gekoop. Mamma se kuite is styf gepomp en haar mond ook, dus slaap sy saam die hond vanaand. Hierdie is als my oom se skuld julle ken hom dalk as OUMAN. Dankie aan hom vir al sy raad en bystand deur al my keuses. Oo ja, moet seker uitbrei oor wat ek darem gekoop het  :3some: 2008 R1200GS met n lae 23000 km op die klok. Hy kom ook darem met n hele paar ekstras wat altyd help om nie nog teveel te moet spandeer nie en was ook darem sommer net nou  gediens by BMW.  Nou vir 'n bietjie meer oor my self ek is n volwasse "seun" van 36 jaar, getroud met n goeie vrou en het twee lieflike kinders. Ek het op n plaas groot geword buitekant Ellisras en het na skool Johannesburg toe getrek om te kom werk en geld te verdien. Ek is baie lief vir die natuur dus doen ek die 4 x4 ding ook en toer graag deur Afrika. Nou ja daar is nie veel meer om te se nie behalwe dat ek nou opsoek is na n paar gewiilige mense om mee saam my nuwe ervaringe te deel en vriendskappe te vorm want daarvan kan n mens nooit te veel he nie. Groete Outdoorsman
 
Top