GSA Throttle en speedo probleme

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Maans

Pack Dog
WD Supporter
Joined
Jul 31, 2011
Messages
417
Reaction score
20
Location
Edenvale
Bike
BMW (all models)
Ek het 'n GSA gekoop met 36000km op sowat 14 maande gelede by 'n bekende BMW werkswinkel in PE en die bike het sy 40000km diens gekry voordat ek hom gevat het, die bike het nou sowat 40300km op. Ja, ek ry nie soveel soos party van julle manne nie maar ek werk in Madagaskar en is maar min by die huis.

My probleem wat ek ondervind is :-

1.  Die bike start mooi en ry lekker in die dorp maar die oomblik wat jy hom bietjie deur die ratte vat om by "120km... :imaposer:" uittekom, dan begin hy erg stotter en raak eers rustig as jy cruise, sodra jy weer vet gee dan is dit weer terug.
2.  Die speedo het net eweskielik ophou werk toe ek hom die laaste keer start om hom te gaan stoor. Ek gaan eers volgende maand weer huistoe en wil maar net so bietjie raad inwin voordat ek by die huis kom, miskien kan ek reelings tref om hom by BMW in George te kry voor ek by die huis kom.
 

Latest posts

Top