hallo al my naastes.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

wingnut

Puppy
Joined
Aug 27, 2009
Messages
45
Reaction score
0
Location
vryheid
Bike
Kawasaki KLR 650
Hallo al my naastes, ek is al so lank op die forum en het my self nog nie eers voor gestel nie we'll ek woon in vryheid. Jammer dames ek is getroud met oulike smurfie en het nog 2 smurfies, die eerste smurfie is wilne sy is nou 5 jaar oud en die 2de smurfie is nou 6 maande haar naam is amore. Die smurfie wat op my kop sit is ronel.

Hoe het ek op die forum beland? We'll ek het n goeie vriend kawasefi, so kom hy eendag na my toe met sy fugly n rooi fugly. ( Klr 650 ) so se hy vir my, wingnut vat die sleutel gaan ry n draai,
En was die draai nou vir jou lekker.

So begin wingnut en kawasefi n klr soek om te koop, nie so lank gevat om een te kry nie, dit is die mooiste blou n 2008 klr 650 met 15000km op, mmmm bel toe die no en gatslag antwoord, dit is nou vir jou n goeie ou daardie, ek en kawasefie spring die saterdag oggend vroeg in die pad jhb toe ons gaan bike koop, 6 ure later geld oor betaal bike gelaai en terug in vryheid om die bulls game 17:00 te kyk.

Ja ek is n bul, my leuse is jy is op jou eie en ek wil net se my blou masjien het nou 37000 km op en nog nie 1 dag se drama nie.

Oops ek werk met eiers, operationele supervisor by eggbert eggs bloedrivier.
Ons is 2 honne wat vir eggbert werk oegie is ook n eier man.

Lekker dag vir almal ry veilig.
 
Top