Houtkrale sitplek vir F800GS – werk dit?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Jul 27, 2010
Messages
5,663
Reaction score
812
Location
Blouberg, Cape Town
Bike
KTM 890 Adventure R
Houtkrale sitplek vir F800GS – werk dit?
Ter voorbereiding vir ‘n 1700km vanaf Pretoria na Kaapstad oor 3 dae het ek opgelees oor maniere om seer boude (monkey butt) te voorkom – waarskynlik die grootste klagte van lang afstand motorfietsryers.
Na oorweging van 3 opsies: skaapvel, ‘n Airhawk en ‘n houtkrale sitplek het ek op die houtkrale besluit.
Na ‘n besoek aan Beads for Africa met 6 pakkies houtkrale en “Chinese Knot” rygtou kon ek begin. Tina het die patroon van die saal uit ou lap gesny en ek het begin ryg. Na nog 7 pakkies krale (34 in ‘n pakkie) was die sitplek klaar, en kon ek die houtkrale sitplekoortreksel aan die sitplek vasmaak met dieselfde tou.
Wel, werk dit?
Webtuistes soos https://www.beadrider.com/ sweer daarby.
Met die eerste sit voel dit “anders”, maar jy raak gou daaraan gewoond. Na 20min se ry het ek bietjie begin rondskuif, en na ‘n dag se ry het ek my gewig gereeld verplaas. Wat wel ongemaklik geword het is my rug (omdat mens moet veg teen die wind), maar nie regtig my boude nie.

My vriend Manie het voorgestel dat ek dag 2 sonder die kralesitplek ry om te kyk of dit help, maar die risiko was te groot – ek het te lekker gery! Dag 3 was ‘n lang skof – 700km+ en my boude het baie goed gehou.
Om my rit in perspektief te plaas. Die 1700km was in Februarie deur die Noord-Kaap in temperature tussen 26 en 33’C. Dit het nooit gevoel of ek sweet op die sitplek nie. Ek is deur 4 donderstorms, en my sitvlak het nooit nat geword nie. Ek was baie beindruk met die kralesitplek.
Maar the proof is in the pudding. Hoe ry die fiets sonder krale.
Terug in Kaapstad was ek al twee keer middestad toe vanaf Blaauwberg – sonder krale. Na 10 min het my boude begin brand en ongemaklik gevoel, asof ek nie my sit kon kry nie.
Terug by die huis is die krale weer vasgemaak, en weg is die seer sitvlak en branderigheid – onmiddelik!
Hoekom werk die kraletjiesitplek:
1. Die kraletjies vorm verskeie kontakpunte, en is nie ‘n aaneenlopende stuk plastiek wat op jou vel druk nie.
2. Dit “masseer” jou boude en verseker behoorlike bloedsomloop
3. Dit laat wind deur en hou jou sitvlak droog van sweet en water
4. Dit maak die sitplek breër en dus meer gemaklik
5. Dis die goedkoopste opsie: 13 pakkies krale @ R20 per pakkie en 1x Chinese Knot tou @R70. ‘n Maatskappy in Kaapstad maak ‘n skaapwolvelsitplek terwyl jy wag vir R430 en ‘n Airhawk kos net onder R1000.
Die “verdict”? My F800GS se kraletjiesitplek bly. Dis nou ‘n permanente bykomstigheid!
 

Attachments

  • 11Jan24RoodtIphone 003 (Medium).jpg
    11Jan24RoodtIphone 003 (Medium).jpg
    86.6 KB
  • 11Jan24RoodtIphone 009 (Medium).jpg
    11Jan24RoodtIphone 009 (Medium).jpg
    82.3 KB
  • GScrop (Large).JPG
    GScrop (Large).JPG
    104.2 KB
Top