Kobus se Honda 450 Rally - Continued

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

AJBotha

Race Dog
Joined
Jan 21, 2015
Messages
598
Reaction score
20
Location
Somerset-Oos
Bike
KTM 1190 Adventure
Ek droom al oor die bike vandat @Kobus Myburgh aan hom begin werk het in 2016. Ek reken hy het al die harde werk gedoen, ek sal hom nou van hier af vat tot by die Tankwa Rally, iets waaroor ek nog altyd gedroom het!
Ongelukkig is meeste van die oorspronklike build thread tot niet; so ek gedink om maar 'n nuwe thread te begin met wat ek regkry. https://wilddog.net.za/threads/honda-crf450x-back-to-former-glory-hopefully.196394/

Ek het nog nooit enige iets meer as basiese onderhoud gedoen soos om kettings te stel en olie te kyk nie, so dit sal 'n behoorlike leer skool vir my wees.
Ek het die motorfiets gister by hom gaan op tel en hom op die bakkie gesit, op pad huis toe het ek 'n nuwe battery gekoop, en net voor ons terug by die huis gekom het bietjie brandstof in die voorste tenk gegooi. Tot my onkunde is die krane toe so gestel dat helfte van die petrol van die voorste tenk af in die agterste een in loop, maar nou is hy mos sommer mooi gebalanseerd ook!

20240930_182950.jpg

By die huis gekom en natuurlik wil die bike nie start nie, ek het dit vermoed maar was tog hoopvol, aangesien ek eintelik niks weet oor hoe om dit reg te maak nie. So is die nuwe battery ook later pap en ek besef dit is nou sulke tyd, ek sal nou maar moet leer hoe werk 'n carburator. Klein bietjie Google later het ek die pilot jet uit, gelukkig kan die carb net genoeg draai as jy die 'air' pype weerstkante los maak om onder in die 'bowl' die inspection gaat oop te maak en die jet uit te draai. Al wat ek in die huis het is brake cleaner, en ek kry nie die jet oop nie. Later maar opgegee en vanoggend by die 4de plek wat ek probeer het 'n blikkie Carb cleaner gevind. Dit saam met een van daai sets waarmee jy welding nozzles skoonmaak kry ek toe die pilot jet oop. Los natuurlik die main jet want ek wil nie te baie karring nie.

Ek het die battery gisteraand op charge gesit en somehow kry ek toe vanoggend die bike om te start, maar hy sukkel, hy is rof, ref hoog en vrek gou. Nog 'n paar Youtube videos later is ek weer in die carb in, en maak die main jet ook skoon, en verbeel my daar kom vuiligheid uit. Hele storie weer aanmekaar en nou gaan dit beter, maar die battery is weer pap gespeel!

Ek onthou toe ek het vergeet om die 'air' pype weer vas te draai, en daarna brul hy die lewe in! Ek karring nog aan sy 'idle' maar ek kan nou darem ry! Ek dink hy kan doen met 'n tune by iemand wat iets weet van carbs, maar ek wil hom nou eers leer ken, en my plaas bike (06' 450 EXC) is in vir herstelwerk aan 'n geroeste header pyp, so hy moet nou eers bietjie wag.

Eerste ding wat ek wil tackle is flikker ligte en 'n lisensie sodat ek hom op die pad ook kan ry.

20241002_110215.jpg

20241002_105710.jpg
 
Top