Liewer laat as nooit

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 20, 2010
Messages
4
Reaction score
0
Location
Paarl
Bike
BMW F650GS / Dakar
Hallo Wild Dogs,
Ek is van die Paarl en het op ouderdom 52 my eerste fiets gekoop. Honda Shadow Cruiser. In daardie stadium nog nooit 'n motorfiets gery nie. Amper my voorhek plat gery nadat aan my verduidelik is hoe die ratte, petrol en koppelaar werk. Kon amper nie omgedraai gekry om weer huis-toe te ry nie. Vrou was kwaad dat ek die fiets gekoop het. My seuns het gedink ek is besig om mal te raak. Ek het in die eerste 3 jaar 25'000 km gedoen. Moeg geraak vir die teerpad en 2 maande terug vir my 'n BMW 650GS (2008) gekoop. Vrou was weer kwaad omdat ek die Honda verkoop het. Nou het sy agter gekom dat die nuwe fiets ry en sit baie lekkerder as die oue. Nooit gedink dat sy ooit op 'n motorfiets sou klim nie. Ek is besig om oor te slaan van die "leathers" af na gemakliker klere. Moet nog die vrou se "leathers" ook vervang.
Ek het in die twee maande wat ek die fiets het, 2'000km gedoen. Ek is eers besig om aan die fiets gewoond te raak (darem al die 9 passe gedoen) en dan gaan ek die grond paaie begin plat ry. Moet nog 'n kursus ook doen. Sukkel nog 'n bietjie om te staan. Staan nog net as die agter end begin seer raak.
Ek vind die forum ongelooflik leersaam en het al baie geleer uit die stories. Ek is ook seker te oud om te verstaan hoe om 'n track, wat ek op Google geskep het, na my Nuvi 710 oor te plaas. Lyk my nie dit kan gedoen word nie.
Stokperdjies is Fotografie en ek het in Maart saam met my seuns die Otter gestap, 23 jaar nadat ek dit die eerste keer gestap het.
Ek verveel julle nou.
Groete
 
Top