Moving tribute to young biker who died by Herman Lategan in Die Rapport

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rynet

Grey Hound
WD Vendor
Joined
Nov 13, 2008
Messages
8,240
Reaction score
3,412
Location
Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Rest in peace young biker who died last week in Sea Point .
Herman Lategan , who saw the accident , reported this in Die Rapport . I thought it was a very moving report .


https://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Woorde-wat-wip-Soos-wilde-perd-wat-runnik-voorwiel-na-bo-20120127

"Woorde wat wip: Soos wilde perd wat runnik, voorwiel na bo
2012-01-28 13:37

*Je'hu s.nw. Onverskillige drywer, bestuurder, wat soos ’n kranksinnige met hoë snelheid oor die pad jaag — n.a.v. 2 Kon. 9:24: As die skool uit is, is dit ’n aardigheid om die Jehu’s te sien voorbereidings maak vir ’n wedren ­(Die Burger). Woordeboek van die ­Afrikaanse Taal (WAT) ­(Hoofred: F.J. Snijman)

Vandag se verhaal is eenvoudig, maar waar.

’n Storie van ’n jong man en, in die woorde van Karel Schoeman, ’n lug vol helder wolke.

Dit was laatmiddag ’n paar Vrydae gelede. ’n Hittegolf het blink en vet oor Seepunt gehang. Daar was ’n ligte trilling op straat, ’n vrugbare naweek sou binne enkele ure aanbreek.

Van die straatvroue se groen en geel krullers was styf in hul hare ingedraai; vanaand word daai nagblomme se hare uitgeskud en gekwêla totdat die sterre ophou flikker.

Ek het hom gewaar in die hoofweg buite die supermark toe hy by sy kleurryke motorfiets staan. Stadig, soos ’n Wiking, vol jong krag, het hy sy valhelm opgesit en op sy ysterperd geklim. Ek het hom juis opgemerk omdat hy ’n meisie totsiens gesoen het; hulle het vir my na die toonbeeld van ’n ryp somer gelyk.

Hy het sy kragfiets aangeskakel. Hy het die versneller vinnig gedraai. Soos ’n wilde perd wat runnik, die voorwiel skerp na bo, is hy kordaat en luid vorentoe. Jehu, koning van Israel, manhaftig op sy strydwa. Soos weerlig het hy blitsvinnig oor die pad geskiet.

Die slag was soos ’n bomontploffing toe hy die groot motor tref.

Hy is kop eerste teen die passasierskant van die 4x4, besig met ’n u-draai, vas. Met die botsing slaan hy bolmakiesie hoog, hoog die lug in, hy draai, hy draai soos ’n akrobaat en val neer op die pad. Hard.

Vir ’n wyle het daar ’n grootse stilte oor die straat toegeslaan; of die dag sy asem uitblaas en diep sug.

Daar het hy gelê soos hy sekerlik gelyk het as hy slaap. Die jong gesig, bloed wat uit sy neus vloei; die lyf wat liggies beweeg.

Raak dan stil.

Sjjjj, mense, die uurwerk het gekantel. Die jong man is dood.

Toe hy klein was het sy ma hom sekerlik nag kom soen, liggies oor sy kop gevryf, haar groot, ou mannetjie.

Nou ry hy vinnig deur ’n lug vol helder wolke in sy blink koets, haar baba-seunskind. "
 
Top