My eerste jaar saam met die Honne.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,049
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    Een Saterdag stop ek en my vrou op Ladismith vir n versnapperinkie.Wyl ons daar staan,kom daar n man en stop sy besigheidskaartjie in my hand.Ek wil nog gesels,maar hys haastig.Ene ChrisL van Dustriderfaam.n Paar maande later sien ek op WD daar word planne gemaak vir n Thumper Bash by Calitzdorp.Die enigste kontaknommer wat ek het,is van mnr.Dustrider.Hy se ek moet vir Gerard Wolmarans van PE bel om te hoor of n nie-WD die bash mag bywoon.Wolmarans se dis reg so indien mnr. Dustrider verantwoordelikheid vir my sal aanvaar.Dustrider se hy weet nie so mooi daarvan nie.Ek besluit toe maar:Almal se moere,dan gaan ek maar op eie risiko.
      By die bash aangekom,kyk die manne my maar half wantrouig uit en toe ek my bike met n seiltjie toetrek,is hulle nog meer skepties.Ek ontmoet heelwat mense,maar ek het nie n naam nie,want ek is nie n WD nie.n Breedsprakige man met die naam van Jan,issue my met n naam,maar die WD-besigheid staan my nie aan nie,want ek is maar n alleenloper.Later kom ek agter daar is van die ander WD s wat ook alleenlopers is.
      Later die aand,maak iemand rook in die kroeg met sy bike.Toe gaan kruip ek maar in.My ouma was reg:Bikers is maar net n spul ducktails.Toe n bike 2-uur die nag amper deur my tent bars,besluit ek om teen ligdag te pak en terug te gaan huistoe.Die volgende oggend nooi my bure my om saam met hulle te gaan ry.Agterna vind ek uit dis die beroemde XT JOE,EIKEBOOM en DIE ENGELSMAN.Ek besluit toe maar om te bly na ons rit.Gelukkig is bier n groot gelykmaker en HEIMER en DIRTCOPPER besluit om verantwoordelikheid vir my te aanvaar.
        In n onbewaakte oomblik,besluit ek die volgende week om tog maar by WDs aan te sluit.En hier sit ek vandag ,n jaar later;n volslae DUCKTAIL.Ek vind noudie dag maar eers uit,dis nie verpligtend vir n nuwe WD om na elke trip n RR te skryf nie.My volgende jaar gaan baie makliker wees.
 

Attachments

  • In gelid.jpg
    In gelid.jpg
    162.8 KB
Top