Newbie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

YT

Puppy
Joined
Jul 19, 2010
Messages
29
Reaction score
0
Location
Parklands Table View
Bike
Honda XL650V Transalp
:peepwall:Hi die ou  is weer terug na 'n "lang ruk".  My naam is Hendrik (YT)  of te wel Whitey  Die bike ding het nou onlangs weer begin jeuk.  My laaste Bike was 'n Honda Boldor 900 in 1989 waarna die 4x4 gogga my gebyt het.  Die bikes opsy geskuif tot onlangs toe ek 'n e-Storm Honda 125 gekoop het...werk toe en terug soort van ding....naaaa nie vir my nie.  ::)
Die fiets is te koop vir R10500 (nog splinter nuut.
Ek is en bly lief vir die buite lewe veral om bietjie solo die wereld te verken.  My vriend (Vliedermouse) het so 'n tyd terug sy Transalp vir my gewys en bietjie van sy ervarings vertel.....die res is geskiedenis.  Verlede week voordat ek Richtersveld toe vir 5 dae was het ek my "baby" in Caledon gaan haal, geparkeer om wanneer ek terug is haar te "toets"  Natuurlik kon ek nie wag om terug te kom om die fiets te kon ry nie. 
Die koop was 'n Honda 650 Transalp met 14500km op.  All the bells and whistles, ama tankbag, Givi top box, side paniers, Leo Vince pyp (Blip Lekker) high screen met "deflector" bo-aan....en dit vir R45000.  Die fiets is in puik toestand en hoop ek om vele rygenot uit haar te kry.
Julle TA ouens...het die fiets 'n "kras" ratkas - klink of die clutch nie sy werk doen nie?  Backfire die Leo Vince as 'n reel as jy throttle toemaak om ratte te wissel? en het die V 'n huilgeluid as jy in eerste in lae revs ry?....moet nog aan die TA se "giere" gewoond raak.  Enige ander inligting sal welkom wees.
Die naweek bietjie grond pad/teerpad gery (150km) en ook petrol verbruik getoets.....100- 120 kmpu - 18 km/l  Haar "cruise speed" wat vir my gemaklik was, was so 130 - 140.  Het haar ook tot 168 gehad maar was bietjie ongemaklik daarmee...nobbies opgehad wat vandag met twee nuwe duel purpose bande vervang is.
Ek sal later my Avatar "update" met 'n foto van die silwer hawk.

Groete aan al die wilde honde.
PS enige iemand naby Parklands Table View by wie ek 'n sticker kan koop. ???


 

Latest posts

Top