Nie so nuut op twee wiele nie.......

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

George77

Race Dog
Joined
Jun 13, 2015
Messages
1,260
Reaction score
74
Location
Western Cape
Bike
AJS (all models)
Goed, my naam is George. Ek is nuut hier by julle, maar het agtergrond van bikes. Ek het 2005 my eerste bike gekoop, Kawasaki KX 250. Scrambler, off road, motocross was nog my droom vandat ek klein was. Ek kon dit eers op 27 bekostig. In 2006 het ek met my KX Desert Run gaan doen. Dit was nou n ervaring 1000. Seker die week in my lewe waar ek die meeste bier gedrink het. Ek het hom later daardie jaar verkoop en n KDX 200 Race Stage 1 by Mike Hopkins nuut uit die boks gekoop. Enduro's was my ding. Jissie, dit was lekker. Van al die local races hier in die Wes Kaap tot twee keer die Winterberg Enduro onder in Hankey wat n National is. My pelle het so een na die ander ophou bike ry tot ek ook in 2010 my bike verkoop het.

2009 het ek my vrou ontmoet, skoonmense besit n fietswinkel. Fiets gekoop en was mal oor die sport. Soveel so dat ek ophou rook het en in 2011 my eerste ABSA Cape Epic gery het. Daardie selfde jaar sommer toe die Cape Pioneer Trek ook. 2013 het ek weer die Epic aangepak.

Nou dat my seun baie aandag benodig en ek voel dat ek alle aandag aan hom moet wei, jeuk my gat vir n bike. Ek wil eendag hy dat hy moet kan sê: "sjoe, ek en my pa het vrek lekker goed gedoen"! Dink die beste plek waar n mens dit kan doen is op n DS op n grondpad, kamp in n klein tentjie met n klein vuurtjie! Hy s nou eers 3 jaar oud, so ek moet nog so bietjie wag voordat ek kan begin, maar op die oomblik kyk ek solank die bikes uit en maak solank my mind op.

My oog is op n KTM 690 Enduro......
 

Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    79.3 KB

Latest posts

Top