Pietcoke
Race Dog
- Joined
- Nov 24, 2008
- Messages
- 1,989
- Reaction score
- 0
- Location
- Worcester, Western Cape
- Bike
- BMW (all models)
Saterdag-oggend om 9 het myself en my pillion vir Fenderbender en sy pillion, Louwtjie en Mapsoarce en sy pillion by Ultra City op Worcester ontmoet. Nie lank daarna is die 4 bikes se voorwiele in Ceres se rigting gedruk. Daar is toe eers volgemaak en 'n Wimpy brêkkie geniet. Vandaar is ons toe Tradouwpas op en Winkelhaak pad om. Ons sou vir Ouman en sy vrou teen die pad ontmoet en ietsie saam geniet het terwyl daar 'n worsie gebraai word, maar dit het nie realiseer nie, want ons het klaarblyklik te lank gedraai. Ons het by Mount Cedar gestop om eers biejie "courage" te kry vir die styl berg pas wat nog voorlê. Daar was van vroeg af beplan om eers af te pak by Oasis en dan deur te ry om die Stadsaal grotte te gaan besoek.
By Oasis aangekom is daar gegroet en die bagasie is toe afgelaai. Ek het vir ons 'n permit uitgeneem by Gerrit vir die 7 stuks wat nou, nou grotte toe wil ry. Terwyl ons wag vir ons maters om te kom, vertel Jup dat die pad Algeria toe baie mooi reg gemaak is. Nou ons het juis op die berg omgekom om die sogenaamde Algeria nagmerrie pad uit te skakel. Ek maak toe die voorstel om eerder Sondag-oggend die grotte te besoek en dan Algeria om huis toe te ry. My riding buddies koukus vinnig onder mekaar en stem vir my plan.
Daar word toe weggespring met die kuierdery. Ek het dit op verskeie maniere reeds gesê........maar laat my toe om Gerrit, Chantal en hulle helpers te bedank en geluk te wens met 'n baie suksesvolle en aangename kuier by hulle. Hulle almal het hulself oortref. Ek het die baie load party net voor 10 verlaat en was baie koud op daai stadium. Gelukkig was ons tent toegerus met heerlike warm beddegoed. Ek het nog gelê en luister hoe Cocky en van die ander manne praat toe is ek weg.
Sondag oggend na 'n heerlike nagrus het ons ontwaak, die badkamer drill gedoen, bike gepak en 'n heerlike ontbyt gaan eet. Aan die tafel vertel Mapsoarce my dat Louwtjie reeds pad gevat het en dat hy en Fender "kortpad" huis toe gaan skiet. Ek en Svet laat ons nie afsit nie en besluit ons hou by ons grotte plan. So gesê....so gedaan!! Ek was so rofweg 15 jaar terug daar, maar was weereens stom geslaan deur die fantastiese rotsformasies. Daar is opslag besluit om terug te kom.......volgende keer sonder bike boots.
Ek het die res van die grondpad terdeë geniet, want die laaste keer wat ek daar verby is het daar rotse plek, plek uitgesteek. Dit was so sinkplaat dat ek gesukkel het om te fokus.....gelukkig het ek nie valstande nie. Ons het toe in Porterville gestop vir 'n lekker koffie en koek en daarvandaan huis toe.
Dankie aan almal vir 'n heerlike tyd spandeer by Oasis. Lekker gelag en nog lekkerder ge-eet.