Paaie rondom Buffelsbaai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Mof

Race Dog
Joined
Oct 15, 2010
Messages
1,324
Reaction score
65
Location
Calvinia
Bike
AJS (all models)
Ek en die femdemilie gaan bietjie oor die easter Buffelsbaai toe en ek oorweeg dit om die bike saam te vat. Daar gaan ander vrinne wees om die antie te vermaak so hulle sal my nie mis vir so een of miskien twee dae nie.

Enige voorstelle vir lekker paaie? Ek vermy teerpad soos die pes, maar as ek oorslaap sal dit nie kamp wees nie.  Verder is ek, sal ons maar sê, entoesiasties oor kos, veral plaaslike produkte. So 'n lekker restaurantjie of iets soos 'n kaasmakery of delhi-tipe ding langs so 'n roete sal die vetjie op die ribbetjie wees. Sê sommer waar ek vars vis in daai omgewing kan koop ook.

As iemand sommer daai paaie vir my wil wys daaityd of in enige hoedanigheid wil saamry is jy natuurlik meer as welkom.

By voorbaat my dank.
 
Top