Skaapkopgilde: Help ander, kry 'n horing

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Heimer

Bachelor Dog
Staff member
Global Moderator
Joined
Nov 4, 2007
Messages
14,879
Reaction score
1,300
Location
Stilbaai
Bike
BMW R1200GS
Daar is 'n ekstra logo bygevoeg by die skaapkopgilde.

https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=74911.0

Die Ramshoring

ramshoring.jpg


Slegs per nominasie aan die wat bewys hulle gaan "above and beyond" vir ander.
Die logo gaan nie ligtelik toegeken word nie  - Om iemand se oog vir hom te eet as niemand kyk nie, tel bv. niks

Maar as jy so 10 of meer skaapkoppe vir ander bewerk, of spesiale moeite aangaan vir ander, sal jy raakgesien word...


Die volgende mense is draers van die ramshoring

1. Hinksding
- Vir die gaarmaak en aflewer van talle skaapkoppe by die 2011 national bash. Ver van sy huis af. Al het hy nie die bash self bygewoon nie (eintlik moet sy ma ook 'n horing kry want sy het kwaai gehelp ;) )

2. Hinksding en MOF
- Vir die gaarmaak en lewering van talle skaapkoppe by die 2011 Breede Bash
- Vir die gaarmaak en verskaf van die skaapkoppe en afval vir die Loeriesfontein Skaapkop ete 2012

3. Jupiter
- Vir die reelings, verskaf en gaarmaak van die skaapkoppe by die Thumper Bash 2012. Ver van sy huis af. Ons grootste kop ete tot dan - met 8 nuwelinge

4. Digger
- Vir al die moeite met die ontwerp, maak en bestellings neem van ons T-Shirts teen 'n onverbeterlike prys. Ons dra dit met trots al vee ons ook ons hande daaraan af

5. Heimer
- Onverdiend genomineer en geboelie om die logo te aanvaar vir die plesier om sameroeper en algemene koordineerder te wees van die WD skaapkopgilde

6. Tau
- Met die 2011 Breede Bash het sy lorrie die koppe opgetel in Calvinia en tot in Tulbach gevat, van daar het sy vrou dit in haar van getransport tot by Kalabas en dit weer oorgelaai by Stoetie. 

7. ThomTom
- Vir sy inisiatief om te leer skaapkop gaarmaak, dit te oefen voor die tyd, om sy plek beskikbaar te stel en al die reelings og die eerste Gauteng (en Vrystaat) skaapkop ete te reel en aan te bied
(hy is te nederig en hardegat om die logo te aanvaar

8. Riebeeker. Vir die reel and aankekaarsit van 'n uitmuntende skaapkop vir BAIE mense ete bo op Kasteelberg.

9. Lord Knormoer. Lukas. Vir jou inisiatief met die reel van die Cancer.vive 2014 event by Vaalbaas en al die energie wat jy in die insameling ingesit het. Iets wat ons almal na aan die hart le.

10.  Vaalbaas. Ou grote. Jou plek, tent, koppe en insameling.... Alles uit die boonste rakke. (Cancer.vive 2014)

11. Nightwind. Lekker ou Jan. Jou betrokkendheid by Cancer.vive 2014 en dat jy al die pad Kaap toe gekom het om te kom skaapkop eet.
 
Top