Buks said:
:director2: I start this ride report by posting 42 pics. It will be followed by the true story by our very own "Rider392" !
Pictures with compliments from Baked Beans and Buks - sensored by Buks....... :toothy1:
:biggrin:
Nou Ja, Buks het met die fotos eintlik genoeg gese. En dit nogal in Engels!!
Ek sal die woordelikse weergawe in Afrikaans doen. Dit is my taal en eks trots daarop.
Na n noodvergadering by Dros op Woensdag, besluit ons om nie Vrydag alreeds te ry nie maar eers die Saterdag oggend sodat die ergste sneeu en reen kan oorwaai. Wyse besluit want ons sou definitief nat en mislik op Prins Albert aangekom het.
Ewenwel, ons drie vertrek toe Saterdag oggend oor Montagu pas, deur Paardebont en draai regs in die rigting van Uniondale. Dis as gevolg van die paaie wat toegesit was in die rigting van Oudtshoorn.
En dis net mooi hier waar ons die eerste modder pad tref! Die ou wat reken veeldoel bande werk goed in modder moet maar weer gaan reken. Ek dink nie so nie. Dis net met genade en geluk dat ek nie val nie. Buks en BakedBeans(Dawie) ry al baie lank en voel dit nie so erg aan die broek soos die uwe nie.
Met ons eerste "smokebreak" moes ek mooi staan want ja, my hele lyf het ge-idle soos n Lister masjien. Die adrenalien het gepomp.
Agterom tussen Dyselsdorp en De Rust vir koffie en iets sterker, want Buks reken die Swartberg pas is onder n voet dikte sneeu. Ons is bangerig maar sien uit daarna.
Watter teleurstelling, na die vroeere modder ryery het ek werklik uitgesien na sneeu ry. Die pas was toe nie so dik onder die sneeu en die modder was maar skaars. 100 Pipers met kraakvars sneeu bo-op Swartbergpas smaak goed.
Ons slaap oor by Bushmans'Valley buite Prins Albert. Koud maar lekker om die vuur. Wonder bo wonder vat die fietse maklik die volgende oggend, in ag genome dat al 3 spierwit van die ryp was. Na ontbyt vat Buks en B/Beans my vir sand ry, so ongeveer 120km lange tweespoor pad. Manne, was dit nou lekker. Gou-gou raak ek windgat met die Alp en gaan jaag voor! Maar net vir n rukkie! Toe ry ek myself bang. Ons vat dit toe rustig verder en geniet die mooiste deel van die Karoo wat ek nog gesien het.
Berge met sneeu bedekte pieke aan die een gesigseinder en die wye Karoo vlaktes aan die ander!
Dit is ook op die stukkie pad waar ek besluit om my verversing bo-op n koppie te geniet, en nie onder in die pad nie. Fout, groot fout!!
Ek kom tot die besef dat die Alp nie n "MotoX" bike is nie, nooit sal wees nie en ook nie 1 was nie. Darem bly om te sien my goeie vriend Buks is nog beweeglik en kon my vinnig weer help om die Alp regop te kry teen die skuinste! Dankie Buks. Ek kort definitief "crashbars"
Ons ry deur na Laingsburg vir middagete en petrol. Die Alp verbaas my met sy petrol verbuik, ja en selfs die Husky en die DR doen selfs ook goed.
Vandaar vat ons weer die pad in die rigting van Seweweekaspoort en Calitzdorp. Ek is nog nie gewoond aan die gewig van die Oxford sakke nie en amper trek dit my van belans en die teerpad af! Fokus my kind, onthou ek!!
Na n ompad tref ons Seweweekspoort, om n skelm draai vang n lekker groot waterpoel vir Buks onkant en hys is redelik nat en koud vir n rukkie.
B/Beans kom rustiger deur en hy bly relatief droog. Ons trek deur na Matjiesvlei en oornag. Rustig is nie die woord nie. Hel rustig en geen steurnisse!!. Buks laat weet gou volgende keer neem hy sy gesin.
Maandag oggend eet ons ontbyt by die Dopshuis op Calitzdorp. Skaars gesit en Nick Yell en Ian Jacobson,(die ou wat om die Karoo gery het met sy XT 250 en toe die boek geskryf het) daag op. Ian is die ou op die Truimph Scrambler 900 wat prominent in 1 van Nick se ander artikels is.
Aangename ouens. Na fotos is ons voort oor die Rooibergpas. Ek is nou al 2 maal daar oor met n Jeep, maar glo my, dit is baie lekkerder met my Alp.
Na die pas is daar n afdraai wat min mense van weet en n lekker lang water kruising. Die senuwees pla maar want die water loop sterk. Ons al 3 voel hoe die bikes se agterwiele geskuif word deur die krag van die water.!
Smokebreak! En dis net hier waar n masiewe Visarend sy verskyning maak en laag oor die Gouritz vlieg op soek na middagete en op n krans oorkant die rivier gemaklik raak. Ons almal is teleurgesteld omdat hy nie roep nie!! Dit sou nou wragtig n bonus gewees het.
Die laaste stop is by 8 Bells vir koffie en melktert! Ons neem afskeid van Dawie(BakedBeans) en ry grondpad langs terug na George.
Ek het net 1 woord: Moerse!! Dit was my 1ste adventure trippie en kon nie vir beter gevra het nie. Buks en BakedBeans was werklik baie aangename geselskap en geesgenote op die trip.
Ons maak gou weer so!
+