Dit was inderdaad n baie lekker dag!
Ek dink veral vir die ervare groot bike manne moes dit n baie laid back rustige trippie gewees het.
My opwindig het al die Vrydag middag begin toe Rowwe Rot Riaan my by my werk gekry het ons ons van daar af (Parow) Sir Louries pas oor, Hermanus toe gery het.
Julle ken mos daai klein tug boats wat die groot bote trek? We'll ek het so gevoel in die skadu van sy GS bike. Dit was lekker! Dit het ook baie tyd gespaar want as ek op my eie moes ry sou ek Stellenbosh, Gordonsbaai, Rooi Els om gery het om die ergste verkeer te vermy.
Anycase, Saterdag oggend het die honne wat saam met Hanno van die Kaap se kant af gekom het vir Nismark, Rowwe Rot en maw by Savanna Cafe in die dorp ontmoed waar ons ons pensies boep gebreakfast het. Van daar af en ons Standord toe gery, regs van die dorp afgedraai, iewers links op grondpad gedraai en verder gery.
Die wolke was maar grys en laag op die grond en hier en daar het so druppeltjie of twee op n helmet geplons.
Ek kan nie die volgorde van die rit onthou nie. Was dit eers Salmons dam of Sandy Glen?
tussen Stanford en die grondpad waarop ons afgedraai het was daar n kampie langs die pad met wild in. Het julle ander ook die Albino springbokkie gesien?
Die Sandy Glen pad is regtig pragtig. Vir die ouens wat nog nie daar was nie sal ek dit so beskryf:
Dit lyk soos n bosboupad as mens daar inry. Grondpad met bosse langs die pad. As n mens so ent ingery het, verander die landskap.
Dit raak vir n sprokies wereld. Met n boomtonnel waarin jy ry. Dit voel amper asof die tonnel se dak n endtjie van jou kop afhang. Alles raak meer skaduryk in kleur. Dis een van daardie plekke, waar n mens wens die pad hou vir kilometers en kilometers aan. Want mens wil nie uit die mooiheid daarvan ontsnap nie. Maar net soos alle goeie dinge hou die tonnel op. Dan verander die oppervlakte van die pad en so ook die gesigveld.
Dit raak n onvriendelike stuk grondpad met n sloot waarvoor jy jou throttle lekker moet oopdraai en na die sloot is dit sinkplaat opdraand.
Ag shampies, het ek nou nie in eerste rat daar uitgekruip nie! Toe.....was dit tyd vir deathgrip. Want toe ons op die "kruin" van die bult kom was daar los sand patches.
Vir my was dit scary.....maar as ek so na die groot fietse se wielspore gekyk het, lyk dit of een of twee manne hul gate uit geniet nie.
Verder af in die pad het daar beeste gestaan en vreet. Daar was geen draad tussen die beeste en die pad nie. Ek kon nie help om te wonder of hulle te veel artificial hormone inkry nie, want hul het net daar gestaan en kou. Mens net so met die oe dopgehou. Het nie eers geskrik vir Nismark se bike nie, en sy blou gevaarte is BAie hard!
Die groot kokkedore het geduldig met hul bikes vir ons gestaan en wag op die einde van die pad. Dis nogals n humble gevoel.....om te dink dat almal spesiaal vir jou en jou klein fietsie staan en wag.
Baie Baie dankie julle.
Van daar af het ons Elim toe gery.
Elim het n baie ryker geskiedenis. Ek het al opgelees van die plekkie en wou dit nog altyd graag besoek het.
Die vye bome wat mens voor die wit huisie sien staan is die oorspronklike vybome uit die jare toet uit. Hul troues is baie uniek, of liewers die dorp se tradisie. Op die vooraand van die troue gaan sit die mense palmtakke en blomme by die kerk sodat die mense weet daar gaan iemand trou. Nadat die paartjie dan getroud is loop die hele gemeenslap saam met hulle deur die dorp.
Bietjie vreemd, maar mooi ne?
Hul het die oudste werkende horlosie in die land (duits). En as ek dit nie mis het nie het hul gepersde (gedroogde) blomme uitgevoer het na Engeland toe nie.
Nou raak my water bietjie laag. More vertel ek verder hoe ek die noob rit ervaar het.
XXX