Solo dagtrip in die Boland
Op die ingewing van die oomblik het ek besluit om 'n draai te ry.
'n Mooi koedoe van metaalplaat naby Klapmuts
View attachment 862121
Du Toitskloof pas.
Altyd indrukwekkend
View attachment 862123
Die Hugenote tonnel se ingang, met die ou pas daar vêr bokant
View attachment 862124
Die westelike ingang van die ou tonnel
View attachment 862126
Baie mooi uitsig anderkant Slanghoekvallei, na Wolseley se kant toe. Grasgroen wingerde.
View attachment 862127
Die laagwaterbrug oor die Breërivier
View attachment 862133
Bainskloof, naby die Bushpub
Oral is dit mooi groen en die helder kleure van lenteblomme staan mooi uit.
Maatjies in kleur!
View attachment 862134
Bainskloof pas is baie mooi ná die restourasie.
Padoppervlak is puik en die klipwerk aan die afgrondkant is al die pad baie mooi en stewig herstel
View attachment 862135
View attachment 862136
View attachment 862138
'n Mooi troppie springbokke by La Vita restaurant buite Wellington
View attachment 862139
Interessant hier is dat die 12 ramme apart wei van die 7 ooie (en twee lammers). Mens sou dink ten minste een ram sal hom by die ooie hou.
En terwyl ek my verwonder begin die GeelKameel proes hier onder my. En vrek ---- petrol is gedaan
!
Die meter wys 80% petrol terwyl die tenk leegloop!!!
Gelukkig het die eienaar van La Vita 'n houer met twee/drie liter petrol vir sy grassnyer.
Hy was vriendelik genoeg om sy regterhand, ene Fattie, met die kosbare petrol saam na die droeë GK te stuur.
View attachment 862144
Ek het volgemaak in Wellington
'n Baie mooi jakaranda in blom (soos ook oral te sien is op die dag se roete)
View attachment 862145
In die Paarl het ek hierdie kleurryke winkel gesien en gestop vir 'n foto en íets koud te drinke te koop.
View attachment 862146
Op die pad deur Simondium het ek die Franschoek Trem gesien ry. Ek het nie geweet hy ry so vêr uit Franschoek nie.
View attachment 862150
Die mooi Franschoekberge gesien vanaf Pniel.
View attachment 862151
Via Helshoogtepas deur Stellenbosch, waar ek by Coetzenburg die standbeeld van Dok Craven en sy hond Bliksem gesien het.
Dok sou baie trots gewees het op ons springbokspan, al lyk rugby deesdae baie anders as in sy tyd.
View attachment 862147
Dit was 'n baie rustige, lekker trippie, plus 'n sonder-petrol-staan (vir die eerste keer in my mfiets loopbaan) wat gelukkig sonder veel moeite opgelos was.
Maar die petrolmeter het aandag nodig