mulmi
Race Dog
- Joined
- Nov 23, 2020
- Messages
- 531
- Reaction score
- 241
- Bike
- Honda XL650V Transalp
Die forum het al baie wonderlike goed gedoen. En hier is nog 'n voorbeeld van dit.
Ek kry laasweek 'n whatsapp van @Grunder af om te se iemand het 2 XR125
' op gesit om te verkoop. Hy weet ek is in die mark want my seun het sy suster se 125 Duke afgeskryf.
Ek het toe dadelik vir @Frikadella gekontak en so 'n wonderlike mens ontmoet.
Hy het sommer 'n klomp van die donkiewerk gedoen aan sy kant. Ek moes net se ja. Dit was vir my wonderlik hoe hy so betrokke was om seker te maak dat my dogter haar Honda kry. Dit is nie net verkoop en vergeet nie. Seker ook toe hy besef dat ek nog nooit so iets oor so 'n afstand gedoen het nie.

Gister toe laai Bikes2Go die rooi monstertjie af. En al wat ek kan sê is dankie. Die fiets is basies splinternuut. Nie 'n merkie nie en slegs 5000km op die klok. Daar was tot brandstof in die tenk.
Weet julle hoe lyk happiness?

Baie, baie dankie @Frikadella vir al jou moeite om seker te maak my meisiekind kry haar motorfiets. Jy is een van daai manne wat 'n mens weer hoop gee vir die samelewing!