Zumo 660 - probleem

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

RD

Pack Dog
Joined
Nov 27, 2009
Messages
168
Reaction score
0
Location
Oysterbay
Bike
Kawasaki KLR 650
Ek het 'n Zumo 660 wat ek saam met 'n Scala multiset op my helmet gebruik. Ek vind probleme met:

1. Ek luister baie lekker na mp3's via blue tooth op die scala multiset vanaf my GPS se hardeskuif, my selfoon lui, wat die musiek onderbreek, dit is regso, ek antwoord sonder probleme, maar sodra ek aflui, is die musiek "weg". Die "play" "pause" knoppie is gevries en kan jy slegs die musiek weer aan die gang kry deur die GPS af en weer aan te skakel.

2. Indien ek 'n oproep wil maak, moet ek die musiek eers afsit anders "fries" dit ook.

3. Indien ek iemand probeer bel, onbewus dat daar geen opvangs is nie, sal die GPS jou waarsku, waarop ek dit "aanvaar". Daarna is die eenheid se audio weg, geen roete stem hulp of verdere oproepe is dan moontlik totdat die eenheid eers af en dan weer aangeskakel word nie .

Ek het al die nuutste "upgrades" via die internet ook gedoen, maar probleem is steeds daar. Ek het aanvanklik gedink dit is 'n "Blue tooth" probleem, maar dink eerder dit is 'n sagteware probleem op die GPS?

Enige Hulp?

 
Top