Ai Tog Griet.......Ai Ai Ai Tog

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 18, 2020
Messages
17,793
Reaction score
8,059
Location
Bethlehem
Bike
Yamaha XT 600 Z
Gaan more sommer net so in 'n rigting in neuk, Mamma het 'n Troue op Harrismith, Bea se Matriek Uitslae kom, almal is weg en besig die naweek

En ja, Pappa wil net iewers heen neuk, op 'n klip gaan sit en kop skoonkry.

Seker maar my usual Natal trippie, berge toe, alhowel ek nog GEEN idee het nie.

Die ou 1100 GS is gespit, mooi skoon, ek ry al so 3 dae met haar sommer huis toe - HEERLIKE bike.
Ek het SO SO SO uitgesien om haar ook bietjie op 'n trippie te vat - like haar KWAAI.

Maar ja.

Toe ek weer sien het ek al WEER vir my ou XT Tenere, Bettie, gepak ......... hoekom, weet die Heer alleen.

Dis nie asof ek 'n fetish vir 'n kickstart en/of vibrasies het nie.

En daar staan Griet en gatvol lyk.:sneaky::sneaky:
En Bettie die Witbroodjie flirt nog HEELDAG met my.🥰🥰
 
Top