Vroeg die volgende dag is ons op, om die groot tog te begin…..
Koebaais aan Nora en Erhard en da glip ons al teen die weste op spoorlyn langs tot in Lutzville en dan weer verder wes om die Nuwerus pad te kry vir die aansluiting met die N7.
In Springbok die laaste shopping gedoen en toe’s ons fort, grens toe. Al die formaliteite is vinnig afgehandel , petrol ingegooi…dis darem R2 n liter goedkooper aan Nam se kant.
Carlos se plek het my geroep want ek en Anda het in ons prille jeug die roei trip meegemaak, nogal oor n nuwe jaar !!! Dit was n moerse paartie.
Felix Unite het ons met ope arms ontvang, ons lekker gras spots aangewys, en Carlos het my kom haal, bar toe….bier was nou die priority ! Carlos het die plek in n besonderse mooi oorstaan plek omskep, met alle geriewe denkbaar. Ek onthou net die een grasdak skuiling met die oop riet storte van 20 jaar terug.
Hey Andrew …Carlos sends regards !!
Volgende oggend is die kaart bestudeer en daar gaat ons , al met die rivier af , Weste toe.
Dit was maar redelik warm en so nou en dan se stop om in rivier water af te koel het gehelp.
Rosh Pinhae het ons by die lodge n oase gekry wat bier en kos voorgesit het, en ons in die swembad laat afkoel het…lekker man uitstekend!
Toe roep die pad Aus toe. So 20 km buite RP het n lekker bui reen uitgesak en ons so vir 10 min lekker nat gereen….Dit was besonder spesiaal, die reen in die woestyn……….
So bietjie afleiding was ook nodig en die hoekpaal het n paar kweste weg !
Bier is weer die priortyd gemaak, en op die Bahnhof Hotel se stoep het ons genotvol geteug aan die bruisdrank van hops en Delheim se wyn :biggrin:. Dis n pragtige plekkie met n streng Duitse Tannie wat met n ysterhand regeer ! Die 3de aand se vuur was n sit vuur, ons het sommer die skaap skenkel by die hotel bestel. Lekker geeet en stront gepraat by die’ vuur
Na dit het ek myself op my ATG postupiediek uitgerek en sterre gekyk, tot ek vas geslaap het. (moet net hier se, daai bed slaap ongelooflik lekker, met n klein self inflating matra bo op)
Vroeg oggend het ek so bietjie met die kamera gespeel…..(die point and shoot se manual het net twee Fstop nr’s !)