Namibian family affair! rigting noord…met n neiging, die weste in!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 7 sit ons die toer voort na Sesriem toe. Die pad was maar lank en swaar, die middelmannetjies redelik intimederend, maar Marisca het vasgebyt en haar mojo begin terug kry .

Aangekom was ek verbaas oor die hoeveelheid toeriste. Ons kon nerens, behalwe by die overflow kamp .plek kry nie, en dit was 4de klas. Ernst en gade  (vroeer saam gekamp by Aus) het hulle oor ons ontferm en vir ons n kamp plekkie aangebied op hulle spot.
Weer lekker gekuier en gebraai.
 

Attachments

  • JPEG Image (401133) (Small).jpg
    JPEG Image (401133) (Small).jpg
    37.7 KB
  • JPEG Image (982526) (Small).jpg
    JPEG Image (982526) (Small).jpg
    41.5 KB
  • JPEG Image (431770) (Small).jpg
    JPEG Image (431770) (Small).jpg
    48.6 KB
  • JPEG Image (416597) (Small).jpg
    JPEG Image (416597) (Small).jpg
    26.9 KB
  • JPEG Image (417977) (Small).jpg
    JPEG Image (417977) (Small).jpg
    46.9 KB
  • JPEG Image (415263) (Small).jpg
    JPEG Image (415263) (Small).jpg
    19.2 KB
  • JPEG Image (408139) (Small).jpg
    JPEG Image (408139) (Small).jpg
    90.2 KB
  • JPEG Image (406716) (Small).jpg
    JPEG Image (406716) (Small).jpg
    56 KB
  • JPEG Image (405290) (Small).jpg
    JPEG Image (405290) (Small).jpg
    63.7 KB
  • JPEG Image (402505) (Small).jpg
    JPEG Image (402505) (Small).jpg
    97.2 KB
Photokarket gee moeilikheid ! laai nog pics
 

Attachments

  • JPEG Image (434627) (Small).jpg
    JPEG Image (434627) (Small).jpg
    54.4 KB
  • JPEG Image (437485) (Small).jpg
    JPEG Image (437485) (Small).jpg
    65.1 KB
  • JPEG Image (438907) (Medium).jpg
    JPEG Image (438907) (Medium).jpg
    113.9 KB
  • JPEG Image (444310) (Small).jpg
    JPEG Image (444310) (Small).jpg
    35.2 KB
Dag 8 het vyf uur die oggend begin met die geraas van karre wat die pad in ry na die dooie vlei toe ….dit was soos die N1 spits tyd tussen die R300 en Jip De Jager afrit …bliksem !!

Ek wou graag ook gaan kyk wat was die bohaai oor, maar motorfietse word glad nie op die roetes toegelaat nie, en terwyl ek my lot bekla en tantrums gooi in die ontvangs lokaal, hoor twee buitelanders dit en bied my n lift saam met hulle !!!

Nou, Sabina is n biomeganiese ingeneur in Switzerland en Hamisha is Isrealies wat hike en toer, sy is 30 jaar oud en hy 18 en so biektjie, sy het redelik gelukkig gelyk, en hy het gedurig vir haar gekyk en gesmile ! Ek dink hulle het mekaar goed aangevul !








Ek is saam met hulle in die huur Kia af sesriem canyons toe, en toe is ons die 60 km deur na die dooie vlei toe.


Daar het ek hulle gegroet en is hulle kaalvoet die duine in, ek het met die derde proberslag n geleentheid met n volgende duitse oom en tanie terug gekry. Donner dit was n belewenis…..Hy ry meer in die regterkant van die pad as links, gelukkig het ek die agterste seat belt aangesit, om so bietjie veiliger te voel.

Af gesien van die 3 near death experiences het ons het lekker gesels en is ek geprys vir my field guide qualities/foto nemery van hulle met gemsbokke in die agtergrond !!!

Eugene en Marisca het vroeer die oggend al gery Solitaire toe . so ek het die 90 km, op my eie pas,tyd en teiken.
 

Attachments

  • JPEG Image (493920) (Small).jpg
    JPEG Image (493920) (Small).jpg
    58.9 KB
  • JPEG Image (470933) (Small).jpg
    JPEG Image (470933) (Small).jpg
    22.6 KB
  • JPEG Image (491037) (Small).jpg
    JPEG Image (491037) (Small).jpg
    32.4 KB
  • JPEG Image (488310) (Small).jpg
    JPEG Image (488310) (Small).jpg
    43.9 KB
  • JPEG Image (473348) (Small).jpg
    JPEG Image (473348) (Small).jpg
    42.2 KB
  • JPEG Image (462986) (Small).jpg
    JPEG Image (462986) (Small).jpg
    35.6 KB
By Solitaire is daar gou gemaklik aangetrek en toe met die Apfelsctrudel en Urbok afgereken, daai pudding is lekker…..
Shopping is afgehandel en lang gesprekke met die duitse paartjie is gehad, stories is op hulle blog….ons het selfs met twee duitse prokureurs bure die Oscar saga uitgepluis …
 

Attachments

  • 20140425_140304 (Small).jpg
    20140425_140304 (Small).jpg
    91.1 KB
  • JPEG Image (504919) (Small).jpg
    JPEG Image (504919) (Small).jpg
    44.3 KB
  • JPEG Image (509174) (Small).jpg
    JPEG Image (509174) (Small).jpg
    32.9 KB
  • JPEG Image (510643) (Small).jpg
    JPEG Image (510643) (Small).jpg
    53.7 KB
  • JPEG Image (515967) (Small).jpg
    JPEG Image (515967) (Small).jpg
    64.6 KB
  • JPEG Image (517325) (Small).jpg
    JPEG Image (517325) (Small).jpg
    57.3 KB
  • JPEG Image (520223) (Small).jpg
    JPEG Image (520223) (Small).jpg
    55.8 KB
  • JPEG Image (536056) (Small).jpg
    JPEG Image (536056) (Small).jpg
    31.1 KB
  • JPEG Image (537128) (Small).jpg
    JPEG Image (537128) (Small).jpg
    27.3 KB
  • JPEG Image (549695) (Small).jpg
    JPEG Image (549695) (Small).jpg
    45.9 KB
Ai tog, ek verlang alweer.  Mooi rr en fotos briv, dankie vir die deel.   :thumleft:

Volgende jaar gaat ek daai D707 ry, of sal ek se, ry en val, ry en val.   :biggrin:
 
Die 9de dag is ons met die lang pad Walvisbaai toe. Die pad is goed onderhou en ons gemiddelde spoed het heelwat geklim. Water was in die rivierloope en die lelike krieke het gesmul aan hulle dooie boeties wat deur die wiele getrap is.







En toe is die teerpad op ons……die volgende paar dae was maar sonder veel opwinding, ons het 2 dae in Swakop gehang, ek het n bier saam met Attie op die golflandgoed geniet, en net gechill. Deur die dorp getoer, en daaringeslaag on op n onverklaarbare manier al my foto’s te laat verdwyn !!!!!!!!!!





Die sak het die hele trip deur altyd koue bier in gehad en dan was dit ook die vleiskas. Ek het 500ml water botteljies gevries en 4 dae later was daar nog ys stukkies in. Daarna het ek net die oorskiet ys na die aand se whiskey daarin gebere, en dan is die bier weer koud die hele volgende dag :thumleft:



















Doner maar ek was bitter, ek dink my twee travel buddies was half suur vir my omdat ek so suur vir myself was !!!

Kyk die lekker handsak, gemaak van n forma boot  O0




Ons sou die Maandag, dag 10,  Erindi besoek het, maar besluit om te skip en reguit Joes Beerhouse toe te gaan. Ons het by Arrabusch gekamp waar Riaan vir Marisca n screen afgelaai het om te leen, tot by die huis. Jip ek het weer gaan shop en toe het ons pap en vleis geeet, met tamatie smoor.









Dag 11 Keetmanshoop gehaal en daar geslaap, jip,, ek het weer gaan shop, en toe eet ons soos konings.







Dag 12 is ons toe by Noordoewer daar het ek koebaai gese en is ek deur tot op Strandfontein, Marisca en Eugene het weer vir Carlos gaan kuier.

Dag 13 is ek tot by Paternoster waar n ou pal en en sy gesin gekuier het, daar het ek in Jup vas geloop, koffie geniet en toe na Hansie hulle se huur huis op Langebaan, waar ons lekker gekuier het,






Dag 14 is ek 8h30 weg en 9h30 was ek terug by die huis…Marisca en Eugene het in Vanrynsdorp geslaap en bietjie skouers geskuur met Wouter van T4A !!


Dankie julle twee …. My Bucket is nou voller !!
 
chrisL said:
Briv is dit Moose se graf daar op Solitaire?

Jip Chris, die ou is daar tussen al die ou goed teruste gele en n eenvoudige bak lappie met die boodskap van al sy personeel op geskryf.

Ek het nog n klompie fotos wat ek en photo-emmer mee stry wat ek so met die tyd sal oplaai...
 
briv said:
Kyk die lekker handsak, gemaak van n forma boot  O0



Ek is nou nie eintlik n vrou wat n groot bohaai oor handsakke maak nie, maar die een kan my opinie verander  :thumleft: 

Lekker gelees, dankie vir die deel !
 
goeie RR briv met mooi fotos
ek gaan self junie maand daardie omgewing toe kan ni wag nie
 
Baie lekker RR Briv. Eendag gaan ek ook self kyk wat In Nam aangaan waarvoor almal so lief is.
 
      Dankie Briv.Dit was lekker om saam te ry .n Mens sien met elke RR, Namibie weer uit n ander hoek.
 
Dankie vir die deel het lekker saam gery  :ricky:
 
Thanks Briv , lekker story writing and lots of photos and beautifully taken .  :ricky:
 
Lekker Briv, mooi Foudies. :thumleft:
 
Thanks almal  :thumleft:
Ek moet dit net weer beklemtoon......die mense in Nam is die beste, vriendelikste, hulpvaardigste ooit,
Ons kom by die Soususvlei lodge se hek, en een van die lodge se cruiser bestuuders kom verby...hy stop en ek vra in engels "goodday , do you think we might be able to have a beer at the lodge?'' ..Hy kyk my so op en af en promptly se hy vir my "hoekom praat jy met my engels ou maat, ek praat afrikaans '' ;) ek beskou myself toe as uitgekark en toe gaan drink ons n bier  :thumleft:

Dis net n lekker plek en as jy planne het,,, maak daai planne klaar, en gaan net....dis befork  :deal:





 
Top