SAS Willehond reelings en updates.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

tau

Race Dog
Joined
Jun 26, 2009
Messages
4,846
Reaction score
870
Location
Toolbag, Grunau
Bike
Yamaha T7
Die van julle wat die cederberg ken (of nog wil verken) sal weet dat die pad vanaf dir Cederberg na Calvinia deur die Biedouw vallei loop. Die Doornrivier kom af vanaf April tot Augustus self September soms. Die water kom vanaf die Bokkeveld en Warm Bokkeveld so al is daar geen reen hier nie kom die rivier soms ontydig af.

Ek het laas naweek myself teen so vinnige afkom vasgery. Daar gekom en kreef bakkie wat op die wal was gebruik om 2 fietse oor rivier te kry....... Die boer het daar aangekom en bitter ontsteld en kwaad gewees oor ons sy boot so sonder toesteming gebruik het. Eers dink mens aai is dit nou nodig, maar dan verduidelik die boer dat hy albei kante van die rivier boer en die booitjie hulle enigste vervoer is na die oorkant en manne los die boot aan die anderkant en Maandag oggend moet hy deur swem om weer by sy boot te kom. Sy plaaswerkers kan nie swem so baie tyd gaan verlore so om weer sy boot weer die kant te kry (Cederbergkant).

Mnr. Marnus Hough van die plaas Uitspankraal het ons gehelp om die 2de fiets oor te kry nadat ons sonder toesteming sy boot gebruik het.

Ek het net daar en dan belowe ek sal vir hom 'n vlot bou wat net vir scooterbikes en sy gebruik is......hy het my nie geglo nie.

Ek kan met trots se dat SAS Willehond voltooid is en tans wag vir vervoer na Biedouw vallei.
Sy is toegerus om selfs 1200 adv oor die waters te neem en self KTM's.

Die reeling is dat iendien jy oor die rivier wil gaan en nie seker is oor die diepte nie jy vir Marnus kan skakel. indien die rivier af kom kan hy jou inlig oor die vlot se gebruik. Dit is 'n openbare ondergeskikte pad, MAAR dit loop steeds deur hierdie boere se plase en hulle besigheid.

Hy is rerig 'n gentleman en se bel met graagte oor die vlot en rivier se toestand hy help graag.
So as julle aan mede bikers die boodskap sal oordra sal dit baie gaaf wees. Indien jy nie skakel nie stop by sy huis so 1km voor die rivier en groet darem net en se jy gaan die vlot gebruik. Die vlot skenk ek aan hom, maar dis vir die gebruik van almal op motorfietse. Ek sal net graag wil he dat mede Wilddogs die vlot se bestaan en reelings sal versprei en respekteer.

Marnus kan gekontak word by:
NUL 2 SEWE 48 dubbel 2 agt 2 Nege

 
Top